Jaarverslag 2005

Tygerberg Afdeling

(Posbus 4572, Bellville 7535)

 

Komitee

Voorsitter:                   Carl Lombard

Onder-voorsitter:        Barend Nel

Sekretaris:                   Sandra Lombard

Tesourier:                    Irene Vermeulen

Addisionele lede:         Charlie en Freda Buckle, Altus de Wet, Gerrit Kritzinger, Johan                                    Benkenstein.

 

Lede

Die ledetal staan op 93 vir 2005. Daar was 2 bedankings en 3 nuwe lede. Die Afdeling het ook die lidmaatskap van 16 lede beeindig wat agterstallig was met ledegeld vir die laaste twee jaar en aangedui het dat hulle nie meer belangstel nie. Die prosedure vir die registrasie as voornemende lid is vereenvoudig en goedkoper gemaak en die proses word afgehandel deur die stapleier van die eerste stap waaraan hulle deelneem. Hierdie verandering kan die Afdeling ’n paar nuwe lede besorg in 2006.

 

Finansies

Die Afdeling se finansies is gesond en is goed bestuur. Goedkeuring is van die SA Inkomstediens gekry en die Afdeling is nou geregistreer as ’n onderneming sonder winsbejag.

 

Stappes en sosiaal

Van die 24 beplande stappe op die 2005 stapprogram het 19 plaasgevind. Stappe is goed bygewoon en voornemende lede is geakkomodeer. ’n Staptog in Reunion se uitgewerkte en aktiewe vulkane is in September aangebied en 5 lede het die tog onderneem. Die Afdeling was verantwoordelik vir die gesamentlike stap van die Wes-Kaap afdelings in 2005 en die geleentheid is gehou by Turret Piek in die Koue Bokkeveld. ’n Paar lede van Stellenboch, Kaapstad en Worcester het die naweek meegemaak. Dankie aan Charlie Buckle vir die reelings.

 

Die klubaande was in 2005 baie gewild en die temas wat aangebied was het die belangstelling geprikkel. Dankie aan die gashere en gasvroue. Die Jaarvergadering is by die Du Toits Kloofhut gehou met die goedgunstige toestemming van die Kaapstad Afdeling.

 

Nasionale Bergkamp 2007

Die komitee wat aangewys is vir die beplanning en reelings van die 2007 Nasional Brgkamp het twee vergaderings gehou en ’n terrein besoek gedoen. Beplanning en finale reelings sal in 2006 gemaak word. Die kamp word beplan vir die laaste week van September 2007.

 

Nuusbrief en Feesblad

Drie uitgawes van die Nuusbrief het verskyn. Die 25 jarige herdenking van die Afdeling het in 2005 oorgeloop met die publikasie van die Feesblad. Die hoogtepunte en insidente van die afgelope 5 jaar is geboekstaaf. Dankie aan Altus de Wet vir die produk.

Rotsklim

Aktiwiteite was beperk as gevolg van beperkte belangstelling van lede en beskikbaarheid van klimleiers. Die Afdeling het besluit om die nuwe inisiatiewe van Paarl-Wellington te ondersteun om lede wat wil klim te akkommodeer.

 

 

Skakeling

Die plaaslike dagblad het die stapprogram van die Afdeling weekliks bekendgestel. Die Afdeling was ook verteenwoordig op die eerste vergaderings van die Mountain Users Group (MUG) wat poog om om te sien na die belange van alle gebruikers van die berge in die Wes-Kaap.