“BERGNUUS”
DIE BERGKLUB VAN SUID
AFRIKA
AFDELING TYGERBERG
POSBUS 4752
7536 TYGERBERG
Desember 2002
‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2003 vir julle almal
!
BOODSKAP
VAN DIE REDAKTEUR
Nuwe dae; nuwe dinge! “Bergnuus”
het ‘n nuwe redakteur en nuwe voorkoms.
Of sal ons sê, voorlopige nuwe voorkoms. Ons het ook ‘n nuwe formaat probeer (wat eintlik al ‘n ou formaat
is). Laat weet wat jy dink. En terloops; ons soek hulp: skrywers,
proeflesers, vouers, spoegers en plakkers.
Laat hoor van jou. Lekker lees
intussen!
altus.de_wet@capetown.gov.za Altus de Wet
JAARVERGADERING 1 MAART 2003
Hiermee word alle lede hartlik
uitgenooi na die Tygerberg Afdeling se Algemene Jaarvergadering by “Sunbird Omgewingsentrum”, Silwermyn
natuurreservaat. Die Sentrum is sowat
50 km van Bellville op Ou Kaapse Weg (M64) oor die berg (Kommetjie se
kant). Die ingang is aan die linkerkant
van die pad en goed gemerk. (Aan die
regterkant is ‘n aftreedorpie “Silvermine Village”) Skakel Claude of Altus vir verdere pad- verduidelikings.
Die sakelys, voorgestelde wysigings en
‘n kaart is op ‘n aparte blad aangeheg.
Bring groot asb saam na die
vergadering! (Jy moet, anders gaan jy
verdwaal!)
Ons sit die gewone tradisie voort met
die jaarvergadering Saterdagmiddag om 18:00 gevolg deur 'n lekker braai. Sondag
is daar 'n keuse van stappe in die omgewing.
Onthou om jul eie braaihout en rooster saam te bring. Akkomodasie & Wasgeriewe is beskikbaar.
LEDEGELD
2003
Die volgende ledegelde is deur die
komitee aanvaar op 2002-10-23.
Gewone enkel
lid R 85
Getroude lede
by een adres R140
Junior lede R25
Poslede /
Plattelandse lede R50
Intreefooi R60
Gaste op
stappe R5
(maksimum R10)
Rotsklim
Voornemende
lede R10 per dag vir die eerste 4 klimme(waarna daar om lidmaatskap aansoek
gedoen kan word) en daarna R20 per dag
Lede van ander
Afdelings (vir Rotsklim) R10 per
dag
KOEBEE-RIVIER
CANYON 28 SEPTEMBER - 4 OKTOBER
2002
Ons was 'n groep
van 18 wat die Saterdag stuk-stuk op Van Rhynsdorp aangekom het, van waar ons
saam na die beginpunt sou vertrek. Op
die pad na Nieuwoudtville het ons op 'n grondpad na die Koebeerivier
weggeswaai. Divvie se motor was nou nie
eintlik gebou vir sulke ruwe terrein nie, maar omdraai kon mens ook nie. Frieda (as vrou van die leier) moes die
talle plaashekke oopmaak, maar het deurentyd bly "smile" ...
Die voertuie
is aan die einde van die plaaspad agtergelaat.
Na 'n vinnige middagete en 'n geskarrel om te besluit wat werklik op die
6 dag staptog saamgedra moes word, het ons al beurend onder ons swaar rugsakke
ingeklim en agter Charlie koers gekies.
Gelukkig het die ligte reëntjie opgeklaar en was die veld vars en mooi.
My eerste
herinnering aan die Koebee is ons herhaaldelike "river crossing".
Male sonder tal het die loop van die rivier en digte ondeurdringbare doringbome
ons gedwing om kortpad oor die rivier te kies.
Die ronde rivierklippe wat dan as "steps" vir 'n droë oorgang
moes sorg, het feitlik elkeen van ons een of ander tyd "boots &
all" in die water gehad! Tog het
dit gelyk asof Divvie en Maureen besonder baie in die proses gesneuwel het ...
Ons leier het
sommige dae moeite gehad om die groep aan die stap te hou, want die menige
swempoele in die rivier was net te verleidelik in die heerlike warm weer.
Die digte
bosse langs die oewers het ons partykeer gedwing om uit die canyon te
beweeg. Dan moes ons teen die kranse
uit en het 'n nuwe wêreld voor ons oopgegaan met vetplante in al hul verskeidenheid
en kleur. Frans en Elsa kon telkens die
minder ingeligtes reghelp met die identifisering van die verskeie spesies.
Smiddags
omtrent 5 uur het Charlie begin uitkyk vir 'n geskikte kampplek. Die eerste
twee aande is die "steaks" op die miniatuur roostertjies uitgepak en
is daar op die spierwit sandbank van die Koebee tent opgeslaan - absoluut
idillies mooi!
Die jongspan
(dié van die Buckle broers, asook Wikus) het uitstekend gevaar en deurentyd vir
hulle self gesorg. Ryno het ewe trots
ook een aand sy "vangs" op die kole gebraai en ons almal aan sy
"trout" laat proe!!
Ons het die
Koebee gevolg tot waar dit by die Doringrivier aansluit. Daarvandaan is ons
langs die Doring af - 'n breër en sterker vloeiende rivier. Plek-plek was die oornagplekke van die
"River Rafters" sigbaar.
Woensdagnag,
terwyl 'n mini-tornado die Kaapse Vlakte getref het, het hewige reënbuie en
sterk rukwinde ook ons tente geteister.
Gelukkig het ons die tentpenne vooraf sorgvuldig met swaar klippe
beveilig, sodat ons droog gebly het.
Hans moes egter, vanweë Maureen se een-vrou-tent, by Divvie-hulle gaan
aanklop vir skuiling ...
Groot
opwinding is beleef toe 'n reuse pofadder eendag die paadjie vlak voor Charlie gekruis het !! Gedagtig aan die onlangse koerantberigte van
fatale slangbyte, het ons `n eerbiedige afstand van die reptiel gehandhaaf
terwyl hy hom stadig onder 'n bos ingekrul het.
Die finale
toets vir ons kragte was toe ons aan die einde van die staptog die Doring moes
kruis. Met ons rugsakke omhoog en met die water tot om die middellyf (en
natuurlik in die minimum klere) het ons Frans na die oorkant gevolg, nadat
Marianne eers die rivier "verken" het.
Die eindpunt
was by die keerwal naby Trawal (by die Olifantsrivier ), waar die bestuurders
met Japie se Jeep na die beginpunt is om die motors te gaan haal. Dit was eers VIER UUR later dat die voertuie
weer, met 'n behoorlike "mud spray" van die goeie reën, by ons
aangesluit het en ons die lang pad Kaap toe kon aanpak!
Aan Charlie,
baie dankie vir jou uitstekende leierskap onder moeilike omstandighede. Synde 'n wildernis-area, was daar nie sprake
van 'n behoorlike paadjie nie. Geen
wonder dat Charlie besluit het om volgende keer nie die geniepsige doringtakke
sonder 'n kapmes aan te durf nie....
Johann Benkenstein
MCSA Meet to
Pakistan August 2002
Under the
leadership of Greg Devine 10 MCSA member went on a National Meet to Pakistan in
August 2002. The trekking objective being to reach Lukpe Lawo a 77 square kilometre wide and 1.5 meter thick
expanse of almost level glacier surrounded by 6000-7000 meter unnamed and
unclimbed peaks . The sheer scale and magnificence of these mountains lead Sir W Martin Conway to describe view to the east of Lukpe Lawo as "beyond all comparison
the finest views of mountains it has been my lot to behold" and name Lukpe Lawo Snow Lake. Tilman and
Younghusband call it the finest mountain scenery in the world that
"attracts by its grandeur but repels by its desolation" With these
recommendations we were expecting a memorable trip but also aware that the
weather would play a major part . Out of 16 days trekking we had 14 days of sunshine from dawn to dusk
and 2 days of what Capetonians would not even consider rain!
We followed
the classic route traversing Biafo and
Hispar glaciers systems and crossing the 5151 meter Hispar La Pass visiting
Snow Lake along the way. In view of the remoteness of the area support staff
are mandatory ; Pakistani authorities turn back unaccompanied trekkers. Greg
arrange support staff through Vista tourism of Islamabad comprising of guide, cook, and porters to carry 12.5 kgs
for each of us, food, fuel and cooking equipment . We supplied our own tents,
ropes, crampons etc. The first few days
of the route in involved a daily walk across the chaotic debris covered medial
moraine to reach the flat but crevassed Ice Highway followed by another crossing of the medial moraine to a green and
flower filled ablation valley. It was light until 20:30 which left plenty of
time to drink tea, soak up the sun and admire the awesome views. As we
progressed along the Biafo glacier the camps were more rock than green, one
known camp had been avalanched away and re established a couple of kms further
down the glacier, this made for a long day but to our delight one of the
porters appeared with tea and the news that we were only an hour from the new
camp. For the approach to Snow Lake it
was necessary to walk in roped teams but there was very little snow and we were
able to jump rather than zigzag round a lot of the crevasses. We only spent two
nights sleeping on ice; One at Snow Lake and one at the top of Hispar La Pass.
A very small price to pay for what really is the ultimate mountain view. The trip down from the pass along the
Hispar glacier was more heavily crevassed but with perfect snow conditions and
weather our porters who had done it before commented "we do not feel we have crossed the Hispar La". At
which point the mountain gods must have
felt peaked and the ice gave way under
one of our party who fell into a glacial stream! The last few days along the
Hispar glacier included crossing a couple of incoming glaciers and negotiate
safe passage passed mud slides and avalanched sections of the route. We reached
our last camp a flower filled meadow beside a glacial stream with a 6000
meter peak as a back drop at lunch
time, delighted with the idea that the was only one more glacier to cross and a
path to walk on to Hispar village where
jeeps would be waiting to transport us to Karimabad. The porters showing no
signs of fatigue after carrying 25kg+ loads for days spent the afternoon playing football!
This trek is
described in guide books as "technical" with the warning that it "should not be ones first trip to
Karakoram" I think good weather and great support staff made as early as
it gets but we were pretty knackered at the end of it and enjoyed a few days of
relaxation in Karimabad; Getting up at 4am to go up to a view point and watch
the sunrise over Rakapo and Golden peak (Spantik). A trip up to the 4700m
Khunjerab pass the highest point on the
Karakoram highway and the Pakistan China
boarder. Daywalks to Ulta Meadow
and Rakaposhi base camp. As well
as much carpet buying and retail therapy for those so inclined! Vista contact
details: Bilal Ahmad vista@vista-tourism.com www. vista-tourism.com
BLOUPUNT
EN COGMANSKLOOF 12 TOT 13 OKTOBER
Daar
doen die Bergklub dit toe weer! Dit was
seker die eerste keer dat iemand dieselfde piek twee weke na mekaar geklim
het. Claude en Loretta Steenkamp het
die vorige naweek sommer vir oefening ook Bloupunt geklim en toe weer die
volgende naweek van die 13 de ook. Maar die keer het ons die eintlike piek
geklim ‑ Bloupunt propper ‑
1266 m volgens Claude se GPS, so sê die
boek by die baken op die berg ‑
gaan kyk maar! Dit was eintlik Kobus
Marais se groot begeerte om tot bo‑op die piek te klim. Dit was n' lekker stap ‑ nie maklik
nie, want Bloupunt is maar styl, maar tog n' goeie toets van jou fiksheid! n ' Mooi groen kloof met water tot jy by die teestop kom, dan kyk jy bo‑oor die berg in die
rigting van Robertston en Worcester met Ashton net hier onder jou. n' Interessante plantspesie wat ons glad nie ken nie, groei bo‑op die piek.
Die pad terug na die hut is hard
op die voete, maar darem nie te moeilik nie.
Ons het diere ook gesien.
Bergskilpaaie en bokkies en bobbejane, wat die toilette by die oornaghut "beset" het en hulle tekens
oral nagelaat het! Daar is nie swemplek
op die stap nie, maar die storte is darem
n' troos. Die Sondag stap jy Cogmanskloof, wat ook weer n' sirkelroete terug na
die hut is. Dit is makliker en korter
as Bloupunt. Na die lekker koue stort het ons die pad terug Kaap toe aangepak.
Christo Dippenaar
Maanskynkop 18‑20
Oktober
(nee,
nie 'n lang naweek nie, lees verder)
Die
beste 'oornaghut' waarin ek nog geslaap het, met uiters gasvrye eienaars Johan en Elmien Botha, was ons eerste stop
vir die Vrydagnag. Die bovertrek herinner aan Arangieskop. Daar is van sononder
af gekuier en gebraai en gelag, so in die gees van wat vir my mos altyd na die
ware lewe voel: goeie drinkgoedjies, goeie vriende wat jou liefde vir die berge
met jou deel, goeie kos op 'n lekker houtvuur se kolebed berei en 'n oornaghut
met die see se gedreun in die agtergrond en die bergreeks op die voorgrond. En
mens het nog niks gestap nie, dus voel jy so 'n paar jaar onder jou ouderdom
weens die opwinding van die vooruitsig van die stap die volgende dag. (Later in
die naweek klim jou aanvoelbare ouderdom aansienlik, min of meer eweredig aan
die stap se helling, duur en temperatuur). En dis mos altyd lekker om uiteindelik langs jou half uitgepakte rugsak neer
te sak vir die nag.
Vroegoggend
in Onrus (verkeerde naam wat die plek gekry het, dis seker) is dit so rustig
met die sonnetjie wat vrolik skyn na die reëntjie die vorige nag en voëltjies
wat oral kwetter dat mens wonder of jy nie maar hier by die see moet rondlê
nie, maar dan kom Altus met 'n kragtige woord: "Bo‑op die berg is
dit NOG mooier". Die man was reg. Vir 'n bergliefhebber is dit altyd
mooier daar bo. Daar word nie verniet so baie geskryf en gefilosofeer oor die
'summit experience' nie; daar IS iets daar bo wat nie in die vlaktes te kry is
nie.
Bietjie
laat (09:15) begin stap uit Fernkloof, omdat ons vir Gerrit en Claude‑hulle
gewag het uit die stad, maar dit gaan fluks en maklik, veral omdat mens nie
dadelik opdraand begin nie en jou hartspoed geleidelik oploop tot 'n gemaklike
pas soos deur Charlie aangegee, maar die paadjies se hellings is net reg. Ja,
die teleurstelling was dat Elmien nog nie kans gesien het vir die ding na haar
operasie so 'n paar weke gelede nie,
dus het die 'land people' van die 'oornaghut' tuisgebly. Gou‑gou was ons al halfpad op met die
vertikale totaal van ongeveer 800m en doen Galpin hut aan (glo huurbaar vir R80
per nag, vier beddens met kerse en bedkassies en inwonende muis inkluis). Die
uitsig is reeds verruklik. En die BLOMME ! Dis mos darem nog so amper Lente.
Nog
'n lekker lang diep asemteug en ons is bo. Op Aasvoëlkop. Waar uitvallers glo
gevreet word deur die aasvogels gelukkig was daar nie diesulkes nie en die
vogels moes honger bly. Wees gewaarsku as jy hier wil loop in die bloedige
somer: dit kan warm raak en daar is nie water nie, niks. Nog 'n entjie verder
en ons was 15:00 by die nag se kampplek met darem 'n watergat naby. Ver laer na
die Weste was daar heeltyd 'n klein swermpie paragliders doenig in die lug.
Koel dag gewees. Heerlik gewees.
En
toe split die stap mos:
Gelukkig
nie oor onenigheid nie, nee, net twee (lui? onfiks?) deelnemers wat kleinkoppie
getrek het omdat hulle al vantevore op Maanskynkop was, wat nog 9‑10 km
verder aan was. So bly die twee toe agter by die rugsakke om die ideale
kampplek te soek solank, en die ander stryk aan met aansienlik minder las op
die skouers. Hier moet die skrywer nou verder vertel uit die 3 jaar vantevore
se ervaring van Maanskynkop: Chocolate
Box ‑uitsig, want die kop lê heel
voor aan die see se kant op die Oostelike punt van Hermanus, ongeveer 900 m
hoog. Vir akkuraatheid tot die laaste millimeter oor elke punt langs die roete
kan Claude geraadpleeg word sy GPS het oortyd gewerk. Dis 'n mooi, maklike stap. Sodanig die moeite werd dat Elsa (dis
nou my meisiekind of dogter, as jy wil) mos hierdie stap volledig vrywillig
onderneem het.
Taamlik
moeg met effense spyt‑kom‑te‑laat opmerkingkies deur sommiges
kom die geselskap terug waar die eerste tent
al staan. En so draai die aarde voor die son in en die koel nag spoel
oor ons met 'n amperse volmaan wat opkom. Seker SY skuld gewees dat die koel
seebriesie omgesit het in 'n koue landwind (ongewoon nè?) wat ons tente die
ganse nag lank geflap het en aangehou waai het tot diep in die volgende dag in.
In
die nag het een van die Benkensteins
glo soos 'n honger wolf aan die eet gegaan as gevolg van die stap na
Maanskynkop Die afstap was netso maklik, weer terug oor Aasvoëlkop en dan net
af en af langs 'n ander roete. Wat my lank sal bybly is die stap op die meslem:
soos in die prentjies van die supermense wat op daai tamaai ysberge wat
weerskante teen 60 grade na onder gaan se meslem loop/klouter. Ons s'n was
egter lekker warm en droog en darem so 2m breed met grasbedekte hellings
weerskante en gladnie so erg hoog nie. Mooi, so mooi. EN: elke keer as jy om 'n
draai kom, dan loer die potblou see vir jou met die breë wit skuimbranders aan
die rand. Walvisse? Ja, darem so 'n klein groepie gesien lê en wieg in die
deining, maar bietjie ver vir sonder verkykers. Erg warm in die onderste klowe
die laaste ent. Middagete sonder die Benkensteins, had toe nie meer 'n
middagete nie en is vooruit na die pannekoekplek
toe. Onder die bome onderkant die drie damme geëet en toe net 'n laaste maklike
km op 'n kontoerwal tot by die tjorre met die stad in die voorruit. Ai.
Sterk
aanbeveel, hierdie stap. Soos ek van hulle hou: nat, koel en groen sonder
goggas, nie droog, geel en warm met goggas nie, maar gaan in die winter/lente
want Fernkloof is nie verniet beroemd vir hoe die Here daar tuinmaak nie
Deur Ferdie Botha
Turretpiek 26 ‑ 27 Oktober 2002
Saterdagoggend
ontmoet ons mekaar op Gydopas naby Prins Alfred Hamlet. Die twee voertuie ry van hier verder tot by
die plaas Donkerbos van waar die staptog begin. Na twintig minute se stap op in Wydekloof arriveer agt stappers
by 'n pragtige waterval. Na 'n
blaaskans val ons weer in die pad op langs die waterval en verder op totdat ons
die middagete plek bereik. Na ete en 'n
heerlike swem in die swempoele kies ons koers verder in die kloof op. Na 'n ent se stap roep Ralph halt ‑
daar's iets verkeerd ‑ hy geniet dit nie meer nie en kan nie die pas
volhou nie ‑ miskien 'n maagkiem!
Na 'n kort beraadslaging besluit Ralph, sy broer Roger en Dalene om die
dag nie verder te klim nie en miskien sien ons mekaar die volgende dag. Die res van die groep nl. Frans, Reyno,
Kobus Marais, Elsa en die uwe is toe verder die kloof op, nogal 'n ruwe
klim. Later draai ons links op in 'n sy
klofie met nog 'n steiler helling tot bo by die kampplek. Die swaar rugsakke word daar gelaat en ons
kies koers weswaarts oor die berg om in die Olifantsriviervallei met sy diep
klowe in af te kyk. Na 'n wye draai se
stap keer ons terug na die kampplek waar ons nesskop vir die nag.
Sondagoggend
verken ons die teenoorgestelde kant van die berg. Ons eerste rusplek is in 'n grot net onderkant die
Turretrots-kolom. Vandaar het ons die
Turretrotskolom uitgeklouter tot net onder die Turret self. Daarna is ons deur 'n onbeskryflike klip
wêreld met indrukwekkende rotsformasies, toe deur klipskeure, 'n besoek aan nog
'n grot en afgronde en uiteindelik het ons Turretpiek self tot by die baken
bestyg.
Terug
by die kampplek wag Ralph‑hulle vir ons.
Hulle het kans gesien om vandag met dagsakke die berg uit te klim. Na middagete is die hele groep saam berg‑af
met 'n ander roete.
Die
Turretpiekarea bly maar 'n interessante plek om in te stap en te verken met 'n
baie mooi natuurskoon. 'n Ware
wildernis ervaring!
Deur Charlie Buckle
OPPORTUNITY: ACONCAGUA
"In Jan this year I climbed Aconcagua,
Argentina with a couple of friends.
Unfortunately my camera was stolen near the return so I do not have a
record of the trip which was an utter
mind blowing experience and I decided to repeat it.
I plan to go again
early next year, 2003, probably beginning February, and was wondering if you
could put an ad in the MCSA web site
enquiring if any of your members would be keen to join a private (i.e. not run by a guide company) trip to
Aconcagua.
Each person,
including myself, would pay their proportion of the costs - i.e. no profit
motive - like a berg trip among friends. We did it this way last year so I am
familiar with all therequirements and conditions etc. This saved us huge
amounts. If you know of anyone who might
be interested, I would be grateful if you
could forward this or put them in contact with me."
Time away from
home approx 3 weeks. Estimated cost including air and bus travel, but excluding
equipment hire; R12000 - R14000
HENRY COPPENS henry.coppens@za.sappi.com
011 360 0259, Fax:
011 816 2604, Cell: 082 926 7891
KOMENDE AKTIWITEITE
Wit-els-kloofstap (9-13 Jan 2003): Daar is 2 plekke beskikbaar op Witels
stap 9-13 Jan 2003 weens 'n kansellasie. Stap leier: Paul Verhoeven van
Stellenbosch Afdeling. Koste R110 per persoon. Kontak asb. vir Paul by e-pos PFMV@sun.ac.za of Su Vogel by svw@intekom.co.za vir meer inligting.(Paul belowe
dat hulle beplan om dit baie rustig te vat.)
Baviaanskloof en Groot Wellington Sneeukop
(25-26 Januarie 2003). Gerrit van Zyl lei die stap in sy bekende
“territory”. Pragtige berge en nog
mooier uitsigte. Geleentheid vir sweet
en swem. Ons sal in die berg kamp; so
bring jou tent en swembroek! Bel
Gerrit: 919 5012 vroegtydig. Plekke is
beperk.
Jan du Toitskloof (8-9 Februarie 2003).
Altus de Wet lei (weer eens) ‘n trop bergbokke die kloof op in die spoor
van die ou boesmans. ‘n Lieflike
kloofstap in (hopelik) warm weer. Ons
slaap onder ‘n oer-oue oorhangkrans met muurskilderye. Jy’s meer is die water as op die klippe
(beplan; hoop ons). Min plek: bel
vroeg. Altus 913 1500.
Volgende uitgawe:
Artikels vir die volgende uitgawe moet asb die Redakteur bereik voor 15
Februarie 2003, verkieslik per e-pos (hy tik maar stadddig en maak baie foute).