DIE BERGKLUB VAN SUID
AFRIKA
AFDELING TYGERBERG
POSBUS 4572
Junie 2003
(Klik op die inskrywing in die onderstaande tabel om direk daarheen te spring.)
“Die jaar vlieg verby!”
Wie het dit nog nie gehoor nie!
Ons bevind ons al weer diep in die tweede kwartaal van 2003. Vir die klub was dit tot dusver ‘n goeie
jaar. Stappe word goed ondersteun en
almal geniet hulself.
Ten opsigte van die nuusblad is positiewe terugvoer ontvang wat aandui dat ons op die
regte pad is. Ons sal graag meer
bydraes wil ontvang. Doodstil van julle
kant behalwe vir dié wat moet skryf.
Sommer enigiets waaraan jy kan dink (wat van stapresepte?)
Dit het lank geneem om hierdie uitgawe saam te stel, maar ek
hoop dat die bielie-Bergnuus vergoed
vir die lank wag!
Intussen lekker lees en nog lekkerder stap - Altus
Klik
hier om terug te gaan na inhoudsopgaaf
Indien jy nog nie jou ledegeld betaal het nie; net ‘n
herinnering om dit so gou moontlik te doen sodat jy jou plakker kan kry (en
gratis begin stap!). Op 21 Mei 2003 was
daar nog 40 lede wat nie hulle ledegeld betaal het nie.
Gewone enkel lid R 85
Getroude lede by een adres R140
Junior lede R25
Poslede / Plattelandse lede R50
Klik
hier om terug te gaan na inhoudsopgaaf
Die klub beskik oor ‘n aantal rugsakke (H-raam) wat kosteloos aan lede beskikbaar is om te
leen. Nogal nuttig in ‘n noodgeval as
jy skielik ‘n rugsak kort vir ‘n gas of ‘n kind.
Kontak Charlie tel 913 5751
VIDEO LIBRARY
A
large selection of videos which can be borrowed from the Cape Town Section
Library. Philip van der Spuy, Honorary Librarian, Cape Town Section, Tel
794 1891.
SANGBUNDELS
Daar
is nog ‘n klompie Tygerberg Sangbundels by Carl Lombard beskikbaar, heeltemal GRATIS!
(Ons moet dalk weer begin sing.
Wat van ‘n stemtoets voor jy kan lid word!)
Klik
hier om terug te gaan na inhoudsopgaaf
Indien jy in ‘n berg in die moeilikheid beland, kontak die
Polisie (10111). Daar is egter ook ‘n
noodnommer spesifiek vir Bergredding beskikbaar.
Hou gerus op jou selfoon: 082 677 6666.
Klik
hier om terug te gaan na inhoudsopgaaf
Voorsitter: Johan Botha
Ondervoorsitter: Altus
de Wet
Tesourier Verwey Wiese
Sekretaris: Carl Lombard
Rotsklim: Franclo Henning
Opleiding en Redding: Claude
Steenkamp
Skakeling: Danie de Wet
Klik
hier om terug te gaan na inhoudsopgaaf
AFRICAN MOUNTAIN FORUM WEBSITE
The
African Mountain Forum is establishing a website which is to serve as an
informational point about issues affecting people and organisations involved
with activities (or communities living) in African mountain areas.
This
site is split into different categories inclusive of: photos of mountain areas,
bibliography, web links, publications on mountain and areas related topics,
risks experienced in mountain areas (climatic, volcanic and seismic, natural
resources management (highlands and
mountains: biophysical characteristics, socio-economic conditions, mountain
resources tilization, threats and
opportunities, mountain case studies), people, culture and livelihoods.
Anyone
with any information on African Mountain regions, which might be handy to fall
in any of these categories, is kindly requested to forward this to
Africa-Mtn-Forum@cgiar.org.
Klik
hier om terug te gaan na inhoudsopgaaf
Ek was in versoeking om dieselfde storie as 16-17 Februarie 1998 te
plaas; baie dinge sou dieselfde
wees. Dieselfde rotsoorhang, dieselfde
mooi poele, dieselfde somerhitte. Maar
dit sou selfplagiaat wees (of dalk sou 'n paar slimmes of olifante dit
agterkom).
En
tog is die belewenis elke keer wonderlik anders.
Ons
het Vrydagaand al teen skemer begin stap.
Soos aan die einde van ou
"cowboyflieks" (verkeerd-om) het ons van die rooi sononder weggestap,
die soet koeltes van die kloof in. Ook
verkeerdom; want ons dra die rugsakke soos donkies, pleks daarvan dat perde ons
dra.
Die
eerste kamp was rerig net 'n halfuur se stap van die motors af (al wou niemand
my glo nie). Tente het blitsig verrys
en meeste van ons het “klaar kos” uitgepak en lustig gekuier. Vure verbode, moes ons maar om blou
gaslampies saamkoek; tot verbasend laat.
Saterdagoggend
is rustig die kloof op. Deesdae is daar
'n nogal gerieflike voetpad wat voor middagete by die Oorhang gebring het.
Daar
was nog genoeg tyd om verder te gaan.
Al agt het besluit om tot by die touleer saam te stap. Verby die Oorhang raak die kloof nog mooier. Die klippe word groter, die poele word dieper,
bome meer en mooier en die blou lug word al smaller hoe nader mens aan die
touleer kom.
Die
"wormhole" naby die einde is altyd vermaaklik. (Ek onthou nog hou Eugene homself kleiner
geskuur het deur die smallerige gat).
Dan net om die draai; die tou.
Dis altyd iets soos 'n bereiking, of 'n doelwit. Die blou van die smaragpoel, misteries
mooi. Die geskiedenis en reuk van die
ou boegoeplukkers wat kleef aan die koel rotswande.
'n
Paar van ons was dapper genoeg om die tou te klim. Nogal grillerig, vir die wat al daar was. Maar goed om te weet: "been there; done
that!"
In
die koel skemer van die smal kloof het ons ons middagbroodjies geëet. Foto’s
geneem. Vir oulaas gekyk en terug
gedraai. Wanneer weer?
Die
pad terug voel altyd korter, weer verby die mooi poele: "Round Pool", "Shute
Pool" (waar Freda 'n Chomp uit my weddenskap verdien het).
Die
aande by "Overhang Camp" is magies.
Sononder op die hoë krans wat afkyk op die groot poel, die kleur van
vlamlig teen die oranje kranse en die ewige gebruis van die stroom. Saam met 'n strooisel sterre 'n resep vir
die soetse slaap.
Sondag
was rustig. Laat geslaap en teen
laatoggend begin oppak en terugstap.
Genoeg tyd vir kyk en kyk. En
ruik en swem.
Ek
dink ons was kort na drie terug by die motors.
Gerieflik vir die wat haastig is na honde en huise. Ek is bly ek gaan binnekort weer.
Klik
hier om terug te gaan na inhoudsopgaaf
(Soos gelewer tydens die
Algemene Jaarvergadering gehou op 22 Februarie 2003, “Sunbird” Sentrum. Verslag effe verkort – Red.)
Die afdeling se
boekjaar was histories van 1 November tot 31 Oktober en is die Algemene
Jaarvergadering is in November gehou. Twee jaar gelede is die AJV op aandrang
van die lede na Maart verskuif en is die finansiële boekjaar toe aangepas om
van 1 Maart tot 28 Febuarie te strek.
Volgens die
wysigings aan die konstitusie wat u so pas goedgekeur het, is die afdeling se
boekjaar nou van 1 Januarie tot 31 Desember en word die AJV voor die einde van
die daaropvolgende Maart gehou. Ten einde die oorskakeling na die nuwe boekjaar
te bespoedig en ‘n einde aan die verskillende tydperke te maak het ek besluit
om volgens die nuwe boekjaar verslag te doen oor die 2002 kalenderjaar.
2. PROGRAM
Daar was 60
geleenthede op die afdeling se 2002 program wat bestaan het uit dagstappe,
naweekstappe, langstappe, rotsklimme, opleiding, klubaande en die AJV.
2.1 STAP
Daar was 23
naweek- en langstappe op die program waarvan 16 plaasgevind het. Vier het
uitgereën, twee is deur die leiers gekanselleer en 1 is weens ‘n gebrek aan
belangstelling gekanselleer.
Wat dagstappe
betref, was daar 18 op die program waarvan slegs 8 plaasgevind het. Agt van
hierdie stappe is weens ‘n gebrek aan belangstelling gekanselleer.
Verdere
statistiek toon dat die verspreiding van deelname bestaan uit 140 lede, 9
junior lede en 65 gaste Daar was
gemiddeld 7 persone per stap.
Uit bostaande
is dit duidelik dat die belangstelling en bywoning van naweek en langstappe
steeds baie goed is en vorm dit tans die kern van die stapprogram
.
Verder blyk dit
asof daar te veel dagstappe op die program was of dat die stappe wat aangebied
was nie so gewild was onder die lede nie. Die stapleiers het duidelik reeds
hierop gereageer met ‘n drastiese afname in die aantal dagstappe op die huidige
program. Dit wil egter voorkom asof daar oorgereageer is aangesien daar tans
net 3 dagstappe op die huidige program is teenoor die 8 wat wel plaasgevind
het. Hierdie aangeleentheid behoort aandag te geniet tydens die opstel van
volgende jaar se stapprogram.
2.2 ROTSKLIM
Daar was 12
rotsklim geleenthede op die program geplaas. Ongure weer het ‘n paar in die
wiele gery, maar 8 het wel plaasgevind. Veral gedurende die eerste helfte van
die jaar is die uitstappies goed bygewoon deur Tygerberg lede sowel as lede van
ander afdelings en gaste.
Die hoogtepunt
op die program was ‘n naweek in Montagu, wat selfs deur 2 gaste vanaf Duitsland
bygewoon is. Twee nuwe “rotsklimlede” het gedurende die jaar bygekom, sowel as
‘n paar voornemende lede, wat intussen weer spoorloos verdwyn het!
2.3 OPLEIDING
Daar was twee
naweke vir opleiding wat deur onderskeidelik 13 en 4 lede bygewoon is. Dit is
van uiterste belang dat ons stapleiers goed toegerus is om hul taak op ‘n
bekwame wyse te verrig en wil ek ‘n beroep op alle leiers en stappers doen om
sulke geleenthede vir opleiding te benut. Baie dankie aan ons Lid vir
Bergredding en Opleiding (Claude Steenkamp) wat dit gereël het.
2.4 KLUBAANDE
Daar was 4
klubaande wat oor die algemeen baie goed bygewoon was. Dit blyk dat klubaande
soos naweekstappe steeds baie gewild is en bydra tot die opbou van ‘n gesonde
gees onder klublede. Baie dankie aan
dié lede wat hulle huise vir die geleentheid beskikbaar gestel het en as
gasheer of gasvrou opgetree het.
3. LEDE
Die aantal
stemgeregtigde lede is tans 122 teenoor die 120 van verlede jaar. Agt lede het
bedank terwyl daar 10 nuwe lede bygekom het. Van die 122 is 68 enkellede en 27
getroude pare. Van die 68 enkellede is 2 erelede en 7 plattelandse lede. Voorts
is daar 16 junior lede en 28 voornemende lede aan wie daar ook gereeld
nuusbriewe gestuur word. Oor die afgelope dekade het die afdeling se ledetal
baie konstant gebly met ‘n effense afname in die laaste vyf jaar.
4.
KONSTITUSIE
Die sentrale
komitee het die afgelope jaar onder meer die volgende veranderings aan die
konstitusie van die Bergklub van Suid Afrika goedgekeur, nadat dit vir meer as
twee jaar gedebatteer is:
4.1 Die pos
van ‘n Adjunkpresident is goedgekeur.
4.2 Die
nasionale toekennings deur die klub is ingrypend verander en is daar nou ‘n
kategorie vir lede en vir nie-lede.
Aan lede kan die “Gold Badge”,
“Mountain Award” en “President’s Award” toegeken word, met of sonder
“Life Membership”. Aan nie lede kan die “Mountain Award”, “President’s Award”
en “Honorary Membership” toegeken word.
U sal oplet dat “Life membership” slegs aan lede en “Honorary
Membership” slegs aan nie-lede toegeken word. Hierdie toekennings is op
nasionale vlak en staan dit afdelings steeds vry om steeds hul eie toekennings
te maak.
4.3 Vanaf 1 Januarie 2004 is alle afdelings verplig om by hulle
ledegeld die prys van 'n joernaal te inkorporeer. Dit beteken egter slegs een
joernaal per huishouding en sal ons afdeling se ledegeld vir 2004 met
minstens R55-00 per huishouding styg.
Die joernaal sal voortaan deur 'n
verkose komitee uitgegee word wat meer vryheid sal hê in die neem van besluite
en die redakteur sal vergoeding ontvang.
5. BERGREDDING
Sedert die
stigting van Wilderness Search and Rescue
Western Cape (WSAR) meer as twee jaar gelede was meningsverskille onder die
onderskeie partye. Die voorgestelde Memorandum
of Understanding (MoU) wat al die partye moes onderteken, was nie vir die
Bergklub aanvaarbaar nie en het die Bergreddingspan van die Bergklub hom op ‘n
stadium aan die liggaam onttrek. Hulle was egter steeds op aanvraag beskikbaar.
Daar is egter
steeds voortgegaan om te onderhandel en het die Emergency Medical Services (EMS) het gedurende September 2002
ingestem tot substansiële veranderinge in die voorgestelde memorandum wat dit
vir die Bergklub aanvaarbaar was.
Dit is vir my
aangenaam om te kan bevestig dat al die partye die nuwe memorandum gedurende
Desember 2002 onderteken het en die Weskaap afdelings van die Bergklub is nou
deel van WSAR .
6.
PERMITSTELSEL
Lede word weer
daaraan herinner dat hierdie tak jaarliks 12 permitte aankoop wat toegang
verleen tot alle natuurreservate in die Wes-Kaap wat onder Cape Nature Conservation resorteer. Hierdie permitte is vir slegs geldig vir lede van die klub vir
amptelike sowel as private stappe.
Skakel
asseblief met die lid vir stap indien u van die permitte wil gebruik om 'n
spesifieke stap te bespreek. Jy moet
seker maak dat jy 'n afskrif van die permit en jou ledekaart by jou het wanneer
jy die gebied besoek.
Indien jy enige
nie-lede wil saamneem moet die leier toesien dat daar ‘n aparte permit
aangekoop word by CNC. Let daarop dat hierdie permitte slegs vir
natuurreservate is en dit nie die wildernisgebiede dek nie. Tygerberg Afdeling
koop nie tans permitte vir wildernisgebiede nie aangesien dit te duur uitwerk
vir die aantal stappe wat ons jaarliks daar doen.
7.
NUUSBRIEF
Die redaksie
van die nuusbrief word reeds vir etlike jare op bekwame wyse deur Barend Nel
behartig. Barend het ongeveer twee jaar
gelede reeds aansoek gedoen om uittrede, maar het intussen aangebly totdat 'n
nuwe redakteur gevind kon word. Altus het onlangs ingewillig om hierdie taak op
hom te neem en het die eerste uitgawe onder sy redakteurskap het reeds verskyn.
Barend plaas
steeds die nuusbrief op die webblad en stuur die Nuusbrief in teksformaat per
e-pos aan lede. Leon van Niekerk borg steeds die duplisering en die goeie
feetjies behartig die verspreiding. Die uitleg van die nuusbrief is effens
verander en verskyn dit steeds ongeveer tweemaandeliks.
Die nuusbrief
is uiters noodsaaklik vir gesonde kommunikasie en kan die klub kan nie
daarsonder na behore funksioneer nie. Baie dankie aan Altus en sy span mense
vir die Bergnuus.
8. GEBRUIKTE “SAL” VLIEGTUIGKAARTJIES
Ek wil graag
alle lede herinner om asb. SAL vliegtuigkaartjies wat hulle self gebruik het
vir die klub te gee. (Binnelands sowel
as buitelands). Die Sentrale Komitee
het 'n ooreenkoms met SAL waarvolgens gratis vlugkaartjies verkry word indien
ons 'n sekere hoeveelheid gebruikte kaartjies indien.
Hierdie kaartjies word onder meer gebruik vir amptelike
vlugte van die president en lede van die sentrale komitee en help om die
lopende koste van die klub laag te hou.
9.
FINANSIES
Die afdeling se
finansies is kerngesond en die afdeling se ledegeld is steeds van die laagste
in die land. Die komitee probeer steeds om ledegeld so laag moontlik te hou
maar dit is belangrik dat die inkomste jaarliks die lopende uitgawes moet dek.
Ledegeld word gevolglik jaarliks matig aangepas ten einde buitensporige verhogings in een jaar vermy.
Soos reeds gesê
sal ledegeld in die komende jaar met minstens die prys van ‘n joernaal per
huishouding moet styg en u sal die eerste ingeslote joernaal in die eerste
kwartaal van 2004 ontvang.
10.
BESTUUR
Ek wil graag
elkeen van die komiteelede wat oor die afgelope jaar (2002) verantwoordelik was
vir die bestuur van die klub by name bedank:
Ons
Ondervoorsitter Charlie Buckle wat ook
later lid van stap se portefeulje bygekry het.
Die
Tesourier Verwey Wiese
Die
Sekretaris Anneli van Zyl (wie nie nou weer beskikbaar is
vir die komitee nie)
Die Lid vir
Stap Altus
de Wet wat later die redakteurskap van Bergnuus oorgeneem het.
Die Lid vir Skakeling Wayne Butler (wie ook
nie nou weer beskikbaar is vir die komitee nie)
Die Lid vir
Bergredding Claude Steenkamp
Die Lid vir
Rotsklim Franclo
Henning
Baie dankie vir
al julle harde werk en ondersteuning oor die afgelope jaar. Julle het my taak 'n maklike een gemaak en gesorg vir 'n
aangename gees van samewerking.
11. ALGEMEEN
Ek wil graag
afsluit deur elke lid van die klub te bedank wat hierdie jaar aktief meegedoen
het en die Tygerberg Afdeling se naam hoog gehou het. Ek vertrou ook dat u
geseën sal word met goeie gesondheid vir die jaar wat voorlê en baie aangename
stappe en klubaande kan saam geniet. Ten slotte alle dank aan ons Skeppper en
Hemelse Vader van wie ons die lewe en gesondheid ontvang om al die bergvreugde
te kan geniet.
Johan Botha
VOORSITTER
Klik
hier om terug te gaan na inhoudsopgaaf
Vanuit
twee teenoorstaande windrigtings het die geselskap byeengekom by die hek
teenaan die Van Rhynsdorp–Nieuwoudtville pas.
Mooi op tyd volgens die afspraak teen omtrent 13h00.
Net
na die begin volg die eerste waterskepplek en met gwaffies (drifsels) en dit is vir die agt van ons gou duidelik dat
Oorlogskloof in ‘n droë herfs geen waterparadys is nie. Hierdie gevoel word
versterk toe ons die eerste kampplek (Brakwater), geleë onder pragtige
olienhoute, bereik en sien dat ons die water met die bobbejane deel. Die drywende voorwerp in die water was ‘n
stil getuienis hiervan. ‘n Goeie gestel, aanpasbare standaarde en ‘n klompie
fonteine op die res van die roete het gemaak dat die waterkwaliteit darem al
hoe beter geraak het soos wat ons aangegaan het.
Eerste
aand laatmiddag het die eerste van ‘n reeks sononder-uitstappies
plaasgevind. Dit was reeds na badtyd en
almal was al in pajamas en interessant skoeisels en pantoffels geklee. Miskien was dit net die aard van die
landskap wat gemaak het dat Altus die kloof heeltemal wou verlaat om die son
vir oulaas te groet… “Altus, as die sononderstappie dan alkohol-vry moet wees,
dan moet jy darem die mense waarsku dat hulle ten minste hul waterbottels kan volmaak !”
Die
volgende dag het rofweg die Oorlogskloofrivier gevolg tot by Driefontein bo
teen die plato-rand. Hoogtepunte op die dag was die Clivia mirabilis plante wat ons in massas gesien het en die
swempoele (alhoewel almal ‘nog nie gereed’ was vir die verbasende koue water
nie). Die oornagpunt was geleë in ‘n
effens oorgroeide populierbos en soos elke ander nag het ons ge-rieflik in die
vooraf opgeslaande tente met sagte matrasse geslaap. Die Lombards sal egter met
minder goeie herinneringe aan die kampplek terugdink, aangesien hulle biltong
hier misterieus verduister is (deur ‘n onbekende dierasie?). Hulle kon dus nie anders as om met jaloerse
oë toe te kyk hoe Johan die volgende dag sy biltongbroodjies geniet nie (die
ondersoek duur voort…).
Saterdagoggend
het ons weer 200m gedaal, die rivier gekruis en 200m geklim tot gelyke hoogte
aan die ander kant van die rivier.
Almal het gevoel dat ‘n sweefspoor hier ‘n aangename toevoeging tot die
roete sou wees. (Vir die diegene wat die roete nog nie voltooi het nie: Soveel leertjies en trappies het min van ons
nog op ‘n rugsakroete teëgekom. Wees
gereed vir heelwat klouter met jou rugsak, asook kruip deur skeurtjies en gate.
Toegegee, daar is baie mooi plekke waar jy andersins nie verby sou kom
nie.) Deur die skoorsteen uit aan die
anderkant van die vallei en toe redelike vervelige platstap deur fynbos. Verby ‘n plek met oulike naam Soupiesfontein
(ons keuse vir die naam vir ‘n nuwe TV drama) tot by Suikerbosfontein vir
middagete.
Later
toe ons by Doltuin kom, is Altus as onderhandelaar heel op sy stukke. By die groot indaba word ons demokraties
ingelig dat oornagplek weer Brakwater sou wees. Niemand is te hartseer nie
aangesien Doltuin nie water het nie en redelik onbeskut en mistroostig in die
fris Noordwestewind vertoon. Ons
vermoed wel dat die eintlike rede vir die skuif Altus se afspraak die
Sondagmiddag 17h00 in die Kaap is was.
(ek was toe baie betyds; baie
dankie! Altus)
Jeanette
Holtzhausen
Klik
hier om terug te gaan na inhoudsopgaaf
“Turret
Peak” (so called because of the huge
jaggered finger-like projections). Weathering throughout time gave birth to the
“Turrets” that we see today.
Approaching these majestic mountains from the main highway, one’s
attention is immediately drawn to its unusual geological structures jutting
forever skywards. Our party was to ascent to the base of one of these
projections.
At
11h15, our group of 14 hikers lead by Gerrit, left the Bergstroom Farm (which
is nestled in a valley called “Wydekloof” that lies in the Koue Bokkeveld, just
beyond Op Die Berg.) A gentle ascent on a gravel path led us to an idyllic
swimming pool where Gerrit called for a break. The party gradually continued,
traversing the Wyekloof gorge where various species of typical mountain fynbos
such as Brunia, Mimetes and other
protea bushes, waboom and yellowwood trees are to be found. The presence of
sugarbirds, together with an array of insects and spiders, spotted in this area
was a definite sign that Mother Nature had woven an ecological balance.
Traversing
along this gorge, we eventually reached a partly shaded waterfall constructed
of huge granite cliffs that we later discovered, housed a troupe of boisterous inquisitive baboons. Here
everyone enjoyed a welcome rest. Scrambling through thorny bushes, and thick
undergrowth we gradually skirted the top of the waterfall cliffs and onto
higher rocky terrain which really proved to be a fitness test for us all. After
climbing for about an hour we took lunch at a 2nd waterfall.
On
departure from our lunchbreak, Gerrit, spotted
smoke drifting up from behind the turrets. Immediately he contacted the
authorities via cell phone and after about an hour of investigation, it was
decided not to continue on our course, but to re-trace our steps back to the
first waterfall to overnight and then to retreat back to our cars. The cause of
the smoke was due to farmers on the other side of the valley in the process of
harvesting their crops and the burning of the cornheads was what apparently
caused the smoke. We overnighted and took residence at the first waterfall with
the noisy baboons that entertained us while sundowners were enjoyed on a huge
rock.
During
the night the baboons with their barking and grunting lulled us to sleep.
Saturday morning was a misty and gloomy affair. Our tents were just taken down
in time before the first rain drops started. The magnificent turrets lay buried
beneath a blanket of swirling mist as our party slowly descended the Wyekloof
gorge back to the cars.
It
was decided to spend the rest of the weekend at Nico and Ronell’s holiday home
in Elandsbaai. The drive to Elandsbaai was very relaxing. We thoroughly enjoyed
walking along the beach, the salty fresh air and solitude of the little village
with its quaint houses and neat gardens. Refreshments were purchased in town
and that evening we all enjoyed a braai and the usual “gesels” around the fire.
Next
morning Claude and I decided to leave for Cape Town while the rest of the group
ventured to bundu bash up the Bobbejaans Mountain, virtually in Nico’s back
yard.
Thanks
to all our fellow hikers who made this a very special weekend for me. To
Gerrit, for your wise decisions with the interest of the party in mind. To
Turret Peak – WE WILL BE BACK!!
Loretta
Henry
Klik
hier om terug te gaan na inhoudsopgaaf
The customary shuffling of vehicles done, our party of 7
assembled at Constantia Neck at 8am sharp and we promptly set off to tackle
Vlakkenberg Ravine. We noticed that CNC is currently upgrading this area that
was previously very eroded because of past fires and heavy rain. Our ascent up
to the saddle proceeded smoothly over gurgling streams and lush green bush.
After the fire about two years ago, a whole new floor of greenery has sprouted
and spread itself like a folded carpet over the gorges and valleys of this
mountain.
A tea break was enjoyed at Christo’s “rock cafe” (a narrow hollow in a huge rock
with hard seats) at the neck of Vlakkenberg saddle. From this vantage point we absorbed the beauty of Hout Bay,
Orange Kloof, the Back Table, Suikerbossie, Grootkop, the hazy Boland Mountains
and distant horizons vanishing in the morning mists. With much reluctance we
proceeded and continued over the saddle onto a plateau where some years ago
hundreds of pine trees were eradicated together with other alien vegetation
such as hakea (a battle which is still ongoing). A gentle ascent from this
plateau brought our party onto the Constantiaberg road, which leads to the
tower. We continued on this tar road for about an hour with an ever-watchful
eye on the expanding scenery.
Once we reached the top of Constantiaberg Mountains we
encountered a breathtaking scenery. A panoramic movie was being played out!
Vehicles driving over Ou Kaapse Weg like little toy models, miniature houses
with colourful roofs spread over the Cape Flats separated by tiny trees and
winding roads, the twinkling of red and green robot lights, fires giving of
tiny puffs of smoke, little blobs of blue swimming pools, and the neat tight
tapestry of colourful grape vines and orchards in the Constantia and Steenberg
valleys. This, together with the humming of the cars, barking of dogs and
sighting of aeroplanes overhead, was muffled distant sounds. Framed by far off
mountains and connecting oceans on either side completed this awesome picture.