DIE BERGKLUB VAN SUID-AFRIKA
AFDELING TYGERBERG
POSBUS 4572
Maart-April 2004
INHOUD
5. “WILD CARD” / PERMITSTELSEL
WITTERIVIER (BAINSKLOOF) dagstap
KROMRIVIER SONDAG: 22 FEBRUARIE
2004
CAPE NATURE CONSERVATION BOOKING
OFFICES
TAFELBERG HUT (6 – 7 Maart 2004)
GPS ONTWIKKELING HET VOLWASSENHEID
BEREIK
Hierdie
is uittreksels uit die Jaarverslag vir 2003 soos voorgehou op die Algemene
Jaarvergadering onlangs in Du Toitskloof hut gehou.
Die
aantal stemgeregtigde lede is tans 135 teenoor die 122 van verlede jaar. Die
135 lede bestaan uit 27 getroude pare
en 81 enkellede. Verder is daar ook 10 junior lede
Die
2003 program het bestaan uit 36 geleenthede van dagstappe, naweekstappe,
langstappe, rots- of sportsklim, klubaande en die jaarvergadering. Die vorige 5
jaar was daar gemiddeld 50 geleenthede per jaar en in 2002 was daar 60
geleenthede.
Van
die geleenthede het 26 of 72% egter wel plaasgevind teenoor net 63% in 2002.
2.1 STAP
Daar
was 19 naweek- en langstappe op die program waarvan 15 plaasgevind het. Dit is
net 1 minder as in 2002 en is dit duidelik steeds die kern van die afdeling se
aktiwiteite wat baie gewild is. Wat dagstappe betref was daar slegs 3 op die
program en het al drie wel plaasgevind.
Daar
het ‘n totaal van 163 persone gestap wat bestaan uit 122 lede en 41 gaste Die bywoning per stapgeleentheid het
verbeter van 7 persone in 2002 na 9,5 persone in 2003.
Uit
bostaande kan onder meer afgelei word dat daar meer dagstappe op die program
moet wees en is dit dan ook so in die nuwe stapprogram vir 2004 aangepas.
2.2 ROTSKLIM
Rotsklim
het ‘n swak jaar beleef en het net 4 van die 10 geleenthede op die program wel
plaasgevind. Dit is hoofsaaklik weens verlies aan rotsklimlede en beperkte
rotsklimleiers. Die afdeling behoort ‘n spesiale poging aan te wend om nuwe
rotsklimlede te werf en op te lei en moet daar veral op jonger persone gefokus
word en langtermyn groei te verkry.
2.3 KLUBAANDE
Daar
was 4 klubaande wat baie goed bygewoon was en was daar by die klubaand op Onrus
meer as 30 lede waarvan die meeste oorgeslaap het. Klubaande is steeds baie
gewild en dra by tot die opbou van ‘n gesonde gees onder klublede.
Daar
was net een opleidingsnaweek op die program wat weens ‘n gebrek aan
belangstelling afgestel is. Ons leef in ‘n tyd wat mense regoor die wereld
toenemend eise vir skadevergoeding teenoor organisasies en individue instel en
moet ons stapleiers dus goed toegerus wees om potensiële eise te vermy.
Ek
haal graag ‘n gedeelte aan uit ‘n verslag van Andrew Friedemann oor ‘n
Vergadering van die UIAA oor internasionale standaarde wat in 27-29 Junie 2003
in Le Tour, Chamonix, Frankryk gehou is. Onder “ander sleutelpunte van belang”
is die volgende gestel wat effens verkort is:
·
Volunteer leaders have the same legal responsibility as
professional guides.
·
A leader must be able to show that they were using the latest
recognised equipment and techniques or they could be held accountable in law.
·
A person leading a group must be able to show that they have
attended whatever training is available in their country if they wish to be
leading parties in mountainous terrain. This includes volunteer leaders and
members of clubs who lead groups on club outings. Failure to have attended
training is a valid argument for a negligence claim.
·
When working with children, even non-activity time is the leaders
responsibility.
·
Bad weather is the leaders responsibility. So if the weather turns
bad then you must change the trip to accommodate it. Saying the weather was
responsible for the accident is no protection from the law.
·
If the group consists of just a group of friends, then there is no
responsible person unless one is obviously seen as the expert in the group. For
example a guide going out with a group of friends. The guide is assumed to be
the responsible person.
·
A leader has a legal obligation to remain in direct control of all
members of the party, so splitting the party is an obvious violation of this
obligation.
Uit
bostaande is dit duidelik elke stapleier se plig om toe te sien dat hy of sy
goed opgelei en toegerus is om ‘n groepe in die berg te lei. Die afdeling het
ook ‘n plig en regsaanspreeklikheid om sy leiers te keur en toe te rus en
behoort die bestuur in die komende jaar hieraan aandag te gee.
Onlangse
belastingwetgewing het vereis dat die Sentrale komitee van die Bergklub van SA
en elkeen van die afdelings aansoek om vrystelling van belasting sal moet doen.
Vrystelling van belasting sal slegs geskied indien daar aan spesifieke
voorwaardes voldoen word.
Hierdie
voorwaardes vereis egter dat die konstitusie van sulke organisasies aan baie
defnitiewe kriteria moet voldoen en was dit vervolgens nodig om die konstitusie
te herskryf. Die gedeeltes wat egter eie aan Tygerberg is word sover moontlik
onveranderd gelaat en sal dit nie die afdeling se werksaamhede negatief
beinvloed nie.
Tygerberg
het die afgelope paar jaar 12 permitte aankoop wat toegang verleen het tot alle
natuurreservate in die Wes-Kaap wat onder Cape Nature Conservation
resorteer. Hierdie stelsel van permitte
is nou deur Natuurbewaring gekanselleer en verval ons bestaande permit in Mei
2004. In plek van die permitte sal individuele lede of gesinne die nuwe “Wild
Cards” kan koop om die ekonomiese toegang tot gebiede onder beheer van
Natuurbewaring, Nasionale Parke, en Wildernisgebiede te verkry. Die Bergklub
het egter ‘n ooreenkoms bereik waarvolgens lede “Wild Cards” teen korting kan
aankoop en sal daar gepoog word om meer inligting hieroor in die komende
Nuusbrief te plaas. (Sien artikel
en aansoekvorm)
Vir
die afgelope meer as ‘n jaar is Altus de Wet reeds redakteur van ons nuusbrief.
Die nuusbrief en e-pos is verskaf noodsaaklike kommunikasie waarsonder die klub
nie effektief kan funksioneer nie. Dit is egter nie die taak van die Redakteur
om die volle nuusbrief te skryf nie en word lede aangemoedig om meer inligting
aan Altus deur te gee sodat dit met almal gedeel kan word. Baie dankie aan
Altus en sy span helpers vir die Bergnuus.
Die
afdeling se finansies is kerngesond en is daar goeie kontrole in ‘n
doeltreffende boekhoustelsel. Ledegeld is in November herbereken volgens die
werklike uitgawes vir elke kategorie van lidmaatskap en sluit dit nou ook die
prys van een joernaal per huishouding in. Lede wat ook lidmaatskap by ander
afdelings van die Bergklub het sal egter net vir een joernaal hoef te betaal en
ontvang indien dit vooraf met die Sekretaris gereel is.
Die
afdeling se finansiële boekjaar is nou van 1 Januarie tot 31 Desember. Dit het
tot gevolg dat ledegeld voortaan voor of op 31 Desember van die voorafgaande
jaar betaalbaar is. By betaling sal lede dan ook die nuutste joernaal en
plakker vir hul lidmaatskap vir die volgende jaar ontvang.
Ek
wil graag aan my medebestuurslede baie dankie sê vir al julle harde werk en
ondersteuning oor die afgelope jaar. Die mense het elkeen eienaarskap van hul
onderskeie portifeuljes geneem en was daar ‘n aangename gees van samewerking in
die komitee.
Ondervoorsitter
Altus de
Wet
Sekretaris Carl
Lombaard
Tesourier Verwey
Wiese
Lid
vir stap Charlie
Buckle
Lid
vir skakeling Danie de Wet
Lid
vir opleiding en bergredding Claude
Steenkamp (nie beskikbaar vir komitee in 2004)
Die
lid vir rotsklim Franclo
Henning (nie beskikbaar vir komitee in 2004)
Laastens
wil ek graag al die lede bedank wat die afgelope jaar op een of ander wyse die
afdeling en sy aktiwiteite bevorder het, die wat aktief saamgestap het, die wat
gereeld en betyds hul ledegeld betaal het en die wat lekker saamgekuier het op
die klubaande. Ek vertrou dat u ook die aktiwiteite op die stapprogram sal
ondersteun en geniet en wens u alle voorspoed toe vir die komende jaar.
Johan
Botha
Voorsitter
Johan Botha
Onder-voorsitter Altus de
Wet
Tesourier Verwey
Wiese
Sekretaris Carl
Lombard
Lid vir Stap Charlie
Buckle
Lid vir Rotsklim Barend
Nel
Lid
vir skakeling Danie de Wet
Opleiding en Bergredding Christo
Dippenaar
Die stap volg die rivierloop vanaf Eerste tol na Tweede tol
vir omtrent 8km. Die merkwaardige ding is dat die rivier bo -op die berg vloei
en baie vind dit vreemd om 10km teen die pas bokant Wellington te ry en 'n
standhoudende rivier daar bo te vind. Daar is heelwat klippe om die minste te
se wat wissel van sokkerbal- tot kamer grootte. Soms is die kortste pad dus
deur die poele en ou drafskoene en swembroek is dus die gemaklikste.
Elf van ons het die "kliphoppery" omtrent 9 uur
begin en gelukkig was dit 'n kristalhelder dag en 'n plesier om te swem. Drie
merkwaardige poele staan uit as die hoogtepunte: Die eerste, na omtrent 'n uur
se stap en by die aansluiting van die Bobbejaansrivier, is 'n lang dun
bodemlose poel idiaal vir tee. 'n Tweede sowat 'n uur later het watervalle en
'n groot rots in die middel en baie aanloklik vir aap-water-streke. Net te
vroeg vir middagete. Dan net oor halfpad is daar 'n groot oop poel waar mens
swemlengtes kan oefen en heerlik kan middagslaap op plat klippe.
Nie dat swem tot hierdie poele beperk was nie. Almal het by
die geringste kansie ingespring om die hitte te ontsnap en net te ontspan.
Sodanig dat ons 7 uur later eers by die eindpunt aangekom het. Natuurlik is dit
die doel van die uitstappie om soveel son en water moontlik te geniet en almal
was dit eens dat hierdie voortaan 'n instelling vir die somer staprooster moet
wees.
Verwey Wiese
Ons Afdeling se jaarpermit verstryk aan die einde van Mei
2003.
Daarna bestaan daar twee moontlikhede om op die eiendom van
Kaapse Natuurbewaring te stap.
Die eerste is om enkelpermitte te bekom. Tans beloop dit R 18 per persoon vir
natuurreservate en R45 pp vir Wildernisgebiede.
Die tweede (nuwe) opsie is om ‘n “Wild Card” te
bekom. Die kaarte is in talle
verskillende kategorieë beskikbaar.
SPESIALE AFSLAG WORD AAN BKSA LEDE GEGEE(Meer inligting op die aansoekvorm
aangeheg)
Indien jy hierin belangstel; voltooi asb die aansoekvorm en
stuur direk aan KNB by die e-adres of faksnommer wat op die vorm verskyn. Elektroniese aansoevorm is van myself
beskikbaar (vra asb aan per e-pos, my e-adres verskyn op die laaste bladsy)
Navrae: 021 426
0723, Meld dat jy lid is van die
Bergklub SA vir spesiale tariewe.
Die kaart word aan jou persoonlik uitgereik en is nie
oordraagbaar of “leen”baar nie. Geldig
vir een jaar. Wenk: neem dit uit net voordat jy dit benodig.
Anders verval dit ongebruik!
Onthou ook dat jy steeds vooraf moet bespreek om in
‘n area te gaan stap; dis nie ‘n vrye toegang kaart nie!
Na 'n interessante jaarvergadering en gesellige braai het
ons groepie van 12 onder Altus se leierskap die Sondagoggend die stap na
Kromrivier-waterval aangepak.
Die 4km roete begin net voor die tonnel en volg die
rivierloop bergop. By 'n lekker
bergpoel word eers versnaperinge uitgepak.
Johan Botha hoor eers later dat dit eintlik die "tea-break"
was!
Die interessantste deel begin waar die kloof 'n natuurlike
kom vorm en ons langs druppende varings en met geankerde kettings teen die
skuins helling na die eerste waterval beweeg het. Daarvandaan het die ketting verder langs die waterval opgekronkel
en het Claude ons tot versigtigheid gemaan oor die seepgladde rotswande. En dan skielik is jy daar! Die ontsaglike groot poel met die bykans
40m hoë waterval! Omraam met kranse maak die poel 'n pragtige gesig - die water
amber gekleur deur die sonlig, met hier en daar 'n verdwaalde disa teen die
soom van die waterval.
Die koue bergpoel is eers versigtig getoets voordat sommige
die nodige durf aan die dag gelê het om in te swem. Nico het daarna behoorlik gebibber terwyl hy hom aan ma Elmien se
heerlike padkos vergryp het, totdat Erica se nuwe Cape Union Mart-baadjie tot
sy redding gekom het!
Na 'n aangename middag verposing het ons die terugtog
aangepak en vir oulaas in die oggend se bergpoel afgekoel - so tussen die
nuuskierige forelle, wat lui om jou swem ...
Altus, dit was voorwaar die moeite werd en 'n besliste MOET
vir enigeen wat nog nie daardie waterval gesien het nie!
JOHANN BENKENSTEIN
This information was published before; but is always usefull
at keep at hand:
De Hoop (Bredasdorp), Marloth (Swellendam), Grootvadersbosch
and Boosmansbos (Heidelberg), Vrolikjheid, including Boesmanskloof and
Genadendal hiking trails (Robertson), De Mond (Arniston) all fall under the CNC
Bredasdorp Reservations Office:
Tel: (028) 425-5020; Fax: (028) 425-5030; dehoopinfo@sdm.dorea.co.za;
Private Bag X16,
Bredasdorp 7280
Cederberg Wilderness Area (for Algeria and Kliphuis) near
Clanwilliam, Grootwinterhoek (Porterville), Bird Island (Lamberts Bay),
Rocherpan (Velddrif) all fall under the
CNC Porterville Reservations office:
Tel: (022) 931-2088; Fax: (022) 931-2913; porterville@cnc.org.za
PO Box 26, PORTERVILLE 6810
Bookings
for hikes and other activities for Hottentots Holland (Grabouw), Kogelberg (Kleinmond), Limietberg (Wellington and Paarl, including Tweede Tol campsite) now falls under CNC Cape Town Reservations
Office:
Tel: (021) 483-2949/51; Fax: (021) 483-3500; capetown@cnc.org.za. Private
Bag X100, Cape Town, 8000
Advertensie: Christo Dippenaar wil Kestrell 3-man
staptent in goeie toestand verkoop:
Prys R500. Tel 919
8093 of 084 325 7698
IS JOU
LEDEGELD NOG UITSTAANDE? Betaal
ASSEBLIEF!
(Ledegeld moes al teen 31 Desember betaal gewees het)
Rekeningnaam BKSA Afdeling Tygerberg
Rekening Nommer:
1 103 982 347
Bank en Tak: ABSA:
Tygervallei Takkode 632005
Meld asb jou naam as verwysing.
Saterdag-oggend vertrek agt van ons vanaf Kampsbaai-kant van
Tafelberg teen die hange uit. Heerlike
weer met net so ‘n amperse windjie om ons koel te hou. Eers ‘n vinnige draai verby ons paadjie tot
in Slangolie-kloof, terug tot by Woody’s Ravine en die berg uit. Sonder te veel stremming haal ons die
bo-kant.
Van die berghut lei Johann ons met ons dagsakke verby die
damme na die ou Aquaduct. En daar’s
disas! Honderde rooies oral in die
kloof en die duct. Pragtig. Aandete was heerlike braaiwors en allerhande
stappers-versnaperinge en natuurlik familiebed en slaap. Deur oop vir die maanskyn.
Sondag-oggend vat ons weer die pad, verby die grotte na die
restaurant toe. Ai, al die vreemde
gesigte en tale! Op pad soontoe ontmoet
ons ook Bergklublede uit Engeland.
Spesiaal op soek na (nog) disas. Rooies en bloues. Van daar, na ‘n koue bier en bietjie rus (en verwonder) vertrek ons haastig na
Mclear’s Beacon vir ‘n verdiende middagete.
Op pad speel twee kwaai bergslange ook nog tollenaar op die houtbrug en
moes ons ‘n kort detour maak. Na
middagete moes ons maar aanskuif hut toe deur Echo Valley om ons sakke te
kry. Lekker moeg maar baie
tevrede. Johann lei ons veilig af met
Kasteelpoort tot by ons motors. Baie
warm die kant.
Dankie Johann en stapmaats vir ‘n heerlike naweek en die
baie disas. Dit was ‘n voorreg!
Frik en Brigitte
Deur Anton Boshoff van “Base Camp”. Tel: 021-981
9762
GPS (Global
Positioning Systems, oftewel Sattelietnavigasie) het, net soos met selfone ook,
min of meer ontwikkel tot ‘n punt waar die stelsel doeltreffend werk. Verdere ontwikkeling konsentreer huidiglik
op die uitbreidiing van sekondêre funksies.
Soos selfone nou meer algemeen raak met “Outlook” tipe funksies soos ‘n
dagboek, adresboek en “bluetooth” gerief (om nie eers te praat van ingeboude
digitale kameras nie) so kom GPS eenhede ook met al meer funksies om jou
daaglikse lewe te komplementeer (of is dit nou kompliseer?).
Daar het, in
die laaste 3-5 jaar, ‘n groot verskuiwing plaasgevind wat aanwending van GPS
betref, en die gevolg daarvan is al hierdie oulike nuwe eenhede. Die werklike groot avonturiers onder ons is
maar yl gesaai, dit is in die allerdaagse stadsgebruik waar die gebruik van GPS
eenhede aansienlik toegeneem het. Die
grootste persentasie gebruikers vandag dra dasse en ry in duur duitse waens. GPS eenhede help hulle om Sandton se
inkopiesentrums te vind, en hulle hoef nie meer te soek na eksklusiewe
restaurante nie – dit is alreeds op hulle motors se GPS databasis.
Nou waar laat
dit my? Hoe koop ek ‘n GPS? Hoe kry ek ‘n GPS wat in my behoeftes
voldoen? Wat is my behoeftes, om mee te
begin? Vir die van ons wat niks meer
soek as die gemoedsrus om te weet presies waar jy is, en waar jy moet gaan nie,
is daar steeds die basismodelle. Hulle
is net so akkuraat en betroubaar soos die veel duurder modelle en sal jou
veilig lei op staptogte deur die berge, of op ‘n toer deur Afrika, mits jy kan
kaartlees. Die duurder modelle het nou
selfs ingeboude elektroniese kompasse en ‘n altimeter/barometer wat jou ‘n
betroubare weervoorspelling sal gee.
As jy soms, vir
werk of plesier, stede of lande besoek wat jy nie ken nie, is daar modelle wat
ingeboude kaarte het (met opgradeerbare detail). Hierdie meer gesofistikeerde modelle bied hoogs gedetailleerde
straatkaarte van ‘n area asook ‘n databasis met ‘n verstommende diepte van
inligting oor waar jy museums, hospitale, natuurreservate, polisiestasies,
bed-en-ontbytinstellings, hotelle, restaurante, diensstasies vir jou motor, en
selfs biblioteke en skole kan kry. Die
topmodelle het selfs “turn-by-turn” tegnologie wat jou draai vir draai neem tot
by jou bestemming.
En dan is daar
die opwindende kombinasiemodelle wat nou beskikbaar is vir die BKSA Tygerberg
se topbestuur. Al die bogemelde
funksies, wat jou veilig deur donker Afrika sal kry, saamgevat in ‘n nuttige
“Palmtop” persoonlike rekenaar. Jy het
die volledige kalender-, dagboek- en adresboekfunksies. Jy kan verder nog woordverwerking en notas
skryf (ja, jy skryf met jou handskrif op die skerm en dit word uitgetik voor
jou oë). Plus ‘n “spreadsheet” sodat jy
tussendeur aan jou begroting kan werk.
Jou adresboek is gekoppel aan die GPS straatkaarte, sodat jy Base
Camp uit jou adresboek kan kies, en die GPS neem jou direk soontoe,
letterlik draai vir draai (sodat jy jou 5% BKSA afslag kan gaan eis). En die hele GPS pas netjies in die binnesak
van jou baadjie, of op jou motor se instrumentepaneel!
Nou kan ons
terugsit en wag vir die toekoms. En
gaan dit nie heerlik wees nie! Met jou
selfoon-GPS ineen wat sommer ‘n TV afstandbeheer insluit, jou motorhuisdeur
oopmaak en jou bad tap teen presies 37° Celsius nie! Hoe het ons voorgeslagte ooit oorleef in hierdie barre wêreld
sonder ‘n paar basiese hulpmiddels?
Baie dankie
aan Anton vir die skryf van die artikel.
Kontak hom gerus vir goeie advies oor die aankoop van enige GPS. – Red
Let asb. op die volgende
veranderinge aan die (rotsklim) program:
1. Die uitstappie op Saterdag 17 April sal deur Godfree Gert
en nie Franclo Henning gelei word en sal na Peer's Cave wees. Belangstellendes
kan vir Godfree skakel by 082 3784051.
2. 'n Ekstra uitstappie sal op Saterdag 3 April na
Silvermine Lower Crag of Silvermine Blaze of Glory Wall (na gelang van
belangstelling) plaasvind. Belangstellendes kan vir Franclo Henning by 082 872 6617 skakel.
Volgende
uitgawe: Artikels vir die volgende uitgawe moet asb
die Redakteur bereik voor 30 Mei 2004,
verkieslik per e-pos of getik op “stiffy”.
altus.de_wet@capetown.gov.za