BERGNUUS

DIE BERGKLUB VAN SUID-AFRIKA

AFDELING TYGERBERG

POSBUS 4572

7536 TYGERBERG

 

Oktober 2005

 

 

GESAMENTLIKE STAP   BY TURRETPIEK:  LEIER CHARLIE BUCKLE

 

 

Die gesamentlike stap vind plaas 12-13 November 2005 in die Wydekloof (Turretpiek) omgewing in die Koue Bokkeveld.  Die stap is op Bergklub eiendom;  geen permitgelde dus nie.   Stappers moet matig fiks wees en daar is effense hoogteblootstelling.  Bring swempakkies (of niks); daar is lekker swemplek.  Pragtige uitsigte op die omgewing en die Olifantsriviervallei. 

 

Die groep vertrek Saterdag 12 November om 7h00 van Charlie se huis.     Saamrygeld R80 (of jou eie kar) .  Bel Charlie vooraf 913 5751.

 

 

 

REUNION – MAURITIUS TOER   18 SEPTEMBER – 2 OKTOBER 2005

 

 

 

In kort:  Vier lede van ons klub (Carl en Sandra Lombard, Elza Geldenhuys, Altus de Wet en ‘n amper-lid (Marietjie Vercuiel)  het onlangs vir 6 dae op Reunion gaan stap, paar dae rondgeloop en ry, en sommer nog 3 dae op Mauritius gaan rondhang.  (vir diegene wat nog wonder:  Reunion lê so 4000 km oos van Afrika in die Indiese Oseaan.  Sy bure is Madagaskar en Mauritius)   En die hele ding was erg lekker!  (“Stats”: ons het 60 km gestap en totaal 3800m op en afgeklim!)

 

Die voller verhaal (maar hy kan baie langer word...)

 

Dag 1: 18 September

 

Op Reunion gaan ons tuis in die klein Hotel le Mascareignes in die hoofstad, Saint Denis.   Ons verken die straatjies, stap die kuswandelpad  en “shop” matig in die duurderige winkels.  ‘n Plaaslike vrou maak die groot opmerking met opgeligde wenkbroue:  “But this is France”.   En dit is so:  alles in Frans:  die motors, die winkels, die padtekens, die padborde.  Helaas ook die mense.  Dit bring natuurlike ‘n kleine kommunikasieprobleempie mee.  Gelukkig is Sandra se Frans so goed dat sy ons uit situasies uitpraat!

 

Dag 2:  19 September

 

Ons ry met die baie goeie plaaslik busdiens na Cilaos.   Die pad volg eers die weskus al lang klein dorpies.  Die bus stop “all stations” om hier en daar passasiers op en af te laai.  Ons verkyk ons aan die omgewing.  Die kant van die eiland is droeër:  Grasvelde met baie palmbome.  Nader aan die Suidkus raak die wêreld sagter en groener.  By  St Louis wissel ons busse.  ‘n Heelwat kleiner bus draai sy neus in die rigting van die berg; die hart van die eiland.  Ons teiken is Cilaos:  die betekenis van die naam is “die plek van waar jy nie terugkom nie”  (Dit verwys na die geskiedenis waar wegloop slawe in die omgewing gaan skuil het – en soms afgemaai is!)

 

Die pad begin styg teen steil berghange op.  Dit raak ‘n enkelbaan en maak dosyne sig-sags bo duiselingwekkende klowe.  Een draai is so skerp dat die bus ‘n driepuntdraai maak om daar verby te kom (altyd!)   Langs die pad stop die bus weer by gehuggies om 2,3 mense op te laai.

 

Ons kom teen laatmiddag in Cilaos aan; koek so nat hoeners op ‘n klein stoepie saam.  Sandra se vlot Frans kom weer tot ons redding:  Ons kry die “Gite” (bergherberg) hoër op teen die hang op die rand van die dorp.

 

Die Gite is ‘n mooi houtgebou met ‘n pragtige uitsig oor die dorp.  Ons slaap in ‘n slaapsaak met so paar ander mense..  Dis geen probleem; almal is baie bedagsaam en teen 21h is die plek doodstil; ek dink ons groepie het seker die meeste geraas.

 

Dag 3:  20 September

 

Ons begin stap die oggend vroeg.  Na ‘n aanvanklike (onnodige) “scenic route” begin die voetpad skerp teen die die voethange van Piton Des Neiges.  Die pad gaan deur deur bosse Dacrydium (‘n tipe sipres), hoër op word die veld soos fynbos.  So teen middag raak dit betrokke en ligte reën begin val.    Na ongeveer 1500m se opklim bereik ons ‘n nekkie van waar ons Caverne Dufour in die miswolke kan sien.  Dit was altyd ‘n ou gebou.  Tans word dit egter oorgebou, die egter nog nie klaar nie en stappers slaap in semi-permamente tente, elk met 8 beddens.  Dit was maar beknop en ons het maar buite gekook en kuier.

 

Dag 4: 21 September

 

Ons staan die oggend baie vroeg (4h30) op om Pieton de Neiges te klim.  Dis die hooogste pike op die eiland 3071m, ‘n oorblyfsel van die vulkaan.   Die plan is om die piek te bereik voor die daaglikse wolk daaroor vorm.  Dan moet ons ook weer aanstap tot Hellbourg, 9 km verder en 1500m af!

 

Die weer het egter teen ons gedraai; wolke het vinnig saamgepak en dit het sag begin reën.  Vasberade begin ons stap.  Na so halfuur kom  groepies mense egter van voor terug, mens sien hulle kopliggies van ver al.  Hulle het ook omgedraai agv die weer.  Na gewik-en weeg draai ons om ‘n ‘n halfuur later lê almal weer in hulle donse met ‘n gemengde gevoelends.

 

So teen 8h00 val ons weer in die pad; na Hellbourg waar ons volgende Gite is.  Dit reën heeldag en daar is geen skuiling nie; ons kan nie eers tee maak nie (en dis erg).  Die voetpad volg die rant van ‘n hoë eskarp.  Dit sou pragtige uitsigte bied, maar ons kan niks sien nie.  Die voetpad daal skerp tussen pragtige bosse af; plek plek is die voetpad modderig en verspoel.  Mens kan sien hulle doen moeite om dit te onderhou  -en dit geld vir die meeste voetpaaie op die  eiland.

 

Teen laatmiddag bereik ons dit Gite in die dorpie: ‘n pragtige huislike plek.  Dis eitntlik ‘n ou Kreoolse woonhuis.  Die gasheer is Christoff.  Met sy paar woorde engels help waar hy kan.  Hy droog selfs ons nat klere is sy droër – teen geen koste.  Uit dankbaarheid (en verlei deur die geure uit die kombuis) besluit ons om die aan “in huis” te eet.  En ons was nie ‘n oomblik spyt nie.  Selfs teen 14 Euro was dit goeie waarde vir geld:  Franse brood, pons (sterk en soet), rooi wyn, “Chou chou au gratin” (‘n pampoenagtige groente), Vanilla hoender, lensiebredie, tamatie “salsa”, gebakte poeding.  En van alles ruim porsies.

 

Die lekker plek was net die regte ding op die regte plek!

 

Dag  5:  22 September

 

Ons besluit om bietjie te “crook”.  Ons neem ‘n bus na Le Belier wat ‘n lang stuk stap sal uitskakel.    Uit die busvenster sien mens baie van die leefwyse van die mense : die groen landskap; klein huisies, suikerriet, landerye, kleurvolle dorpies.  Pragtig.

 

Ons begin stap so 12h00.  Ons is lui en dis warm.  Maar die omgewing is pragtig.  Ons stap in ‘n woud van tropiese plantegroei, boomvarings en digte bosse.  Oorkant vallei sien ons Pt. Des Neiges by tye deur ‘n wolk-kombers.  Ons beur aanhoudend opdraend na Col de Fourche.  Van hier het mens pragtige uitsigte oor die “cirques” aan beide kante (‘n groot vallei-kom wat gevorm het toe die flanke van die oer- vulkaan ingestort het)   Die pad daal na La Nouvelle; ons eerste dorpie sonder paaie (regtig).  As gevolg van die terrein voertuigpaaie nie tot hier kom nie; die pad eindig so 4 km op ‘n berg-nek.  Van hier moet alles gedra of per helikopter gevlieg word.  

 

Naby ons Gite  is ‘n winkeltjie en ons gaan vertroos onsself teen sononder (in die koue mis) met ‘n paar Dodo biere en Lays “chips”.  Die aand maak ons maar self stapkos en eet op ‘n stoepie buite ons kamer (dalk te veel geraas; die bure het gekla)

 

 

 

Dag 6: 23 September

 

Die voetpad daal vir ‘n paar uur af tot teen ‘n blou river.  Op plekke is dit erg steil, maar die voetpad is goed gebou met lere en vashouplek waar nodig.  Die hele dag sien ons helikopters vlieg wat die afgeleë dorpies bedien.  En groot spinnekoppe (soos ons tuinspinnekoppe) hang tussen takke langs die voetpad.

 

By die rivier swem ons lekker en eet ons middagkos.  Dan styg ons weer steil na “Le Bronchard” ‘n plat bergie naby ons volgende dorpie, Roche Plate. 

 

Die dorpie hang aan ‘n skuins bergwand.  Dit word geskei deur ‘n paar diep klowe waaroor mooi houtbruggies strek.

 

Dag 7: 24 September

 

Die oggend klim ons teen ‘n steil hang tot teen hoë kranse.  Die hele dag dag kry ons berg-atlete (so 200 in totaal!)  van voor.  Die manne draf die bergpaaie met ‘n liter water of twee en energiestafies; hulle oefen hard vir ‘n opkomende kompetisie.

 

Middagete is ons by Le Trois Roche (die drie rotse).  Dis ‘n pragtige plek met groot ronde rotse, plat klipplate en ‘n waterval wat in ‘n diep ravyn stort.  Pragtig, ook gevaarlik.  Ons verkyk ons en neem fotos.

 

Later stap ons aan en doen ‘n swempie in die koue rivier.  (Vra vir Martietjie oor die padda in haar rugsak)

 

Teen laatmiddag bereik ons Marla:  nog ‘n klein padlose dorpie.  Ons bly in Madame Cesar se oulike huisie-gite in ons eie kamer.  Die aand vaar ons die stad binne, “lipstick” en al “you never know your luck in a big city” (Elza) ; maar keer 15 minute later terug weens gebrek aan naglewe!  (Speel toe maar “Helikopter”; vra Carl)

 

Dag 8:  25 September:  Terug na Cilaos

 

Ons ruik huis en die pakke is baie ligter.  Ons styg vinnig die sowat 500 m na die nek (Col de Taibit).  Van hier sien ons weer Cilaos, ons begin en eindpunt  (sien foto), en aan ons rugkant byna die hele area waar ons gestap het.  Helikopters vlieg “onder” ons verby oor ‘n laer nek effe noord.  Ver onder ons is die teerpad wat dorp toe lei.    Ons klim in (relatiewe) stilte af, wetende dat ons staptog byna op sy einde gekom het.  Vir oulaas maak ons tee op ‘n graskolletjie tussen die bome.  Die Duitsers glimlag vir ons in die verbygaan.

 

Die teerpad is hard ons ons voete, maar neem ons vinnig na die dorp.  Ons slaap weer in die “hout” gite.  Na ‘n lekker warm stort het ons weer energie om die mooi dorpie vir oulaas te voet te verken.  Ons eet heerlike broodjies met hoender en gesmelte kaas.

 

 

Dag 9: 26 September:  Die Suidkus

 

Ons neem weer die geel bussie uit Cilaos na die kus.  Die keer is dit mooiweer en ons verkyk ons aan die bergomgewing en die mense se bestaan tussen die berge.   Van hier huur ons ‘n bussie waarmee ons die Suidkus verken.   Die landskap is baie meer groen en tropies.  Ons koop vanilla-peule by ‘n vriendelike handelaar langs die pad.  In hierdie deel van die land is daar sporadiese vulkaanuitbarstings en lawa vloei gereeld vanaf die berg, oor die pad tot in die see.  Die jaartalle van die vloei is goed gemerk en mens kan mooi die verskille tussen 19 jaar ou en 1 jaar oue lawavloei sien.  Elke keer as die vulkaan uitbars voeg dit ‘n paar hektaar by die eiland se oppervlak; wat die see maar weer geleidelik terug-erodeer.

 

Ons ry ook deur die dorpie Ste. Rose, waar die lawa presies teen ‘n kerkie gestop het.  Dit word as ‘n wonderwerk beskou.

 

Die pad lei verder deur suikerriet en pynappellande en klim op na Bourg Mourat.   Hier mik ons vir die Gite De Volcan wat as basis dien vir uitstappies na die Pieton de la Fournaise.  Die Gite is in koel mis gehul.  Ons spandeer die aand voor ‘n kaggel voordat ons inkruip (in die vol kamer).

 

Dag 10: 27 September:  Die Vulkaan

 

Die weer lyk weer sleg:  ligte reën en mis.  Ons is (weer) vasberade is begin stap.  Die voetpad klim eers op teen teen die hang van die vulkaan en daal dan na die kratervloer.  Spoedig is die wereld toe onder mis; so koud dat ons vingers te dom raak om fotos te neem.  Ons volg egter wit merkers tot op naby die hoogste punt.  Ons kan niks sien nie en half teleurgestel neem ons gou ‘n paar mistige fotos; eet ‘n piesang of twee en begin die terugstap in aanhoudende reën.

 

By die Gite trek ons eers droë klere aan voor Carl vir ons heerlike warm koffie en sjokoldae koop.  Dankie Carl – dit was heerlik!

 

Die middag ry ons berg af en besoek die vulkaan museum op Bourg Mourat; baie interessant, die Engelse inligting is net baie afgeskeep.

 

Ons gee die motor terug (na ‘n klein gesoek) en kry weer ‘n bus terug na St Denis.

 

Dag 11:  28 September:  Vlieg na Mautotius

 

Die dag vlieg ons na groen Mauritius; dis pragtig uit die lug.  Ons word op die lughawe op die ooskus opgelaai en vervoer na ons hotel op die weskus.  Die Taxidrywer probeer ons hard oorrreed om van sy “geheime spesiale aanbod” gebruik te maak, maar ons ruik ‘n rot en vermy hom die volgende  twee dae!

 

 

Dag 12:  29 September

 

Ons hang die hele dag naby die hotel rond, ry op ‘n glasboomboot en snorkel.  Die “girle” probeer “tan” ; maar reën sopnat en gaan lê liewer in hulle beddens!

 

 

 

Dag 13:  30  September:  Dagrit Mauritius Noord

 

Ons onderneem ‘n dagtoertjie na die noorde van die eiland:  Ons besoek Pamplemousses tuine – bekend vir waterlelies met massiewe drywende blare.  Daarna besoek ons Port Louis; die hoofstad, wat baie aan Kaapstad herinner.  Die mark is grillerrig (vleis) en kleurvol (groente, blomme, snuisterye)

 

Die middag spandder ons ‘n paar uur by Grand Baie (Groot Baai).  Ons swem stap, “shoppe” party “para-sail” en die laaste paar uur worstel ons deur smal straattjies en druk verkeer terug na ons hotel. 

 

Die aand is daar ‘n heerlike “Barbeque Buffet”  wat die vleiseters se vleisluste tem. 

 

Dag 14:  1  Oktober:  terug na Reunion

 

Ons moet vroeg opstaan en ‘n vinnige ontbyt afsluk om betyds by die lughawe te kom.   Vir oulaas neem ons taxu ons tussen die groen suikerplatasies deur dearsoor die klein land.

 

Ons ete die laaste aand by ‘n Kreoolse Restaurant:  heerlike kos:  varkblokkies in ligte kerriesous, met rys, lensie en “salsa”.  Hiendersosaties en selfs “steak”.

 

Dag 15: 2 Oktober:  Terug  na SA

 

Ons is veilig vroeg op die lughawe, koop laaste geskenkies en vlieg teen 10h00 terug na Johannesburg.  Later die middag op ‘n ander vlug Kaap toe.  Dis goed om Tafelberg weer te sien.

 

Hierdie “trip” was heerlik.  Ek dink ons kan dit vir enigiemand aanbeveel.  Mens sal hier en daar verander, maar veral die tyd op Reunion was ‘n wonderlike belewenins!

 

 

Deur:  Altus de Wet


 

 

Cedarberg Sneeuberg   October 21-23 2005

 

 

Frontrunner : Johan Botha, Scribe : Dennis Lange

 

Ever since I first saw Sneeuberg 25 years ago I've wanted to climb it. Johan was the one chosen to escort me to it. Attempting to build his muscles, Johan lugged our luggage over to his amazing new Kombi which is like a Rolls Royce inside, except that it doesn't have a toilet under the driver's seat.

 

One needs to study the instruction-manual to determine how to close the door and put on the seatbelt. So many gadgets to play with; I took a liking to the temperature-control, much to the consternation of Elmien when I turned it down to 0°C. Just before the turn-off to Algeria we came upon the scene of an accident. Cars were backed up for kilometres. Johan took out his far-seer (this article was going to be in Afrikaans but something walked crooked; why can’t the English teach their children how to speak Afrikaans ?).

 

 

Next year's Kombi might have a built-in telescope. A helicopter stood in the road. We hovered around until Johan motioned to us to get back into his 4motion to ride across farm fields, bypassing the long line of cars.

 

As we drove through the scenic mountain-pass the passengers demanded that I remove the blind which I had put up to block their view.

We camped at Algeria. No one knows why it's called Algeria. At least it isn't called Algolagnia (please don't look that up in the dictionary).

Six  more mountaineers arrived. I tried to memorise their names but it was a strain on my brain.

Next morning we positioned one vehicle at Uitkyk, near a strange sign that said "Prik", then proceeded to Eikeboom. Johan kept re-parking his machine until he found the perfect spot. Monk would have approved.

I don't know why we put on sunblock - it all gets sweated off within half an hour.

 

Johan made it look easy to organise 11 climbers, but I know that it's actually impossible. Below that cool exterior I'm sure that he was worried sick about us all (why else would he make us sign that indemnity form ?).

The problem with following the person in front of you is that if he gets lost, so do you. So intent was Johan on cutting the spoor that he never saw us go astray. Next year's model leader will come with rear-view mirrors.

Irene managed to find some water to fall into, and eventually caught up with us with a big smile on her face (how else can one smile ?). When Annelie exclaimed "Kalkoentjies !", I immediately looked for turkeys. Why does Frans carry a botanical book when he already knows it all ?

 

That afternoon 10 of us set off to climb Snow Mountain, taking just the bare essentials i.e. cameras. Johan had organised perfect weather for us. There was a cold wind at the neck where we found snow proteas, but there was no wind on the summit.

The accent on the last 50m of the ascent is on route-finding. There are plenty of beacons where you don't need them, but none where you do. A tricky scramble up an uncairned chimney is followed by a leopard-crawl through a tunnel, an exposed shelf and narrow crevices. For some reason there are no handholds and footholds where you need them. The majestic Sneeuberg stands at 2026m (6,647 ft.) but this was not enough altitude for a couple of dagga-rokers (in another party) who were smoking pot to get high. I get high on Milo.

 

The summit is not particularly spacious; one has to tread carefully. It gradually dawned on us that in reaching the top we had created a problem for ourselves : we now had to get down ! It was very decent of people to help each other during the descent, but we were cross that there wasn't time to visit the Maltese Cross.

Irene fell before nightfall. Bearing in mind that the path down is like walking on ball-bearings, I'm not surprised she took a tumble. She didn't break any of her 206 bones. Then we all fell in line and hotfooted it back to camp.

Another group had decided to sleep with the mice in the hut so we camped nearby, 7 on one side of the stream and 5 on the other - not quite as balanced as Monk would have liked.

A chilly breeze had come up. 2 women and Frans washed in the icy river, but not at the same time. I've never really understood the concept of washing - tomorrow you're going to sweat again, so why bother ? If you go to Everest you don't bath for months. But if you're a masochist then by all means take an ice-cold bath in the freezing wind.

 

The next day the clean and the unclean weaved between burnt protea bushes as our intrepid trailblazer lead us through Noordpoort, past Slangvlei, along Uitkykrivier, Klein Duiwelsgat & Cederberg Pass to Uitkyk. At the lunchstop Johan did the masochistic thing. So cold was the stream that he couldn't scream.

 

The tough Tygerbergers carried cucumbers, tomatoes, yogurt and bottles of wine, whereas this miserly Capetonian travels light with dried-out old biscuits. Anyway my mind was more on Elmien's bikini. I wanted to ask Frans whether we were really made of dust, or whether we are such stuff as dreams are made of. Eventually we reached the "Prik" sign at Uitkyk. While cars were fetched I found myself with 4 gorgeous women at a pool. As desperate as I was to impress them I simply could not get more than my toes into that icy water.

Maretha fell asleep when I read this to her. When she woke up I read it again and she fell asleep again, so maybe it's a bit boring.

Those who managed to avoid being mentioned are Dirk & Reline, Andy, Gerrit,  Kobus and Elsa.

 

The End.

 

 

 

 

 

GESOEK:  REDAKTEUR VIR BERGNUUS

 

 

“Bergnuus” soek ‘n nuwe redakteur vanaf 2006.  As jy belangstel:  kontak asb Carl Lombard (Voorsitter) of Altus de Wet   913 1500 (huidige redakteur).

 

‘n Lekker geleentheid vir iemand wat kans sien; jy kan (amper) enigiets doen.   Rekenaargeletterdheid sal jou baie help.  (Vergoeding:  geen – wie sou kom raai!)



 


 

 

Swartbergstap  Nasionale Voetslaanroete 16 – 19 Junie 2005

 

 

Bietjie min belangstelling gewees vir hierdie stap (ver, duur  en dalk koud?) maar 6 mense het die ding aangepak en deurgesien, tot groot bevrediging. Ja, mens ry meer as 900 km en dit is maar koud in Juniemaand bo-op die Swartberge, en die koste is maar hoog. Lees verder en besluit self of dit die moeite werd was. Ons het almal saamgestem dit was nogal.

 

Ons ry op Jeugdag nie te erg donker-vroeg nie en eet ontbyt later in Barrydale, en ry  daarna verder in die Kleinkaroo langs. Voor Calitzdorp links is daar ‘n kortpad Kangogrotte se kant toe – ‘n baie mooi roete deur die mooiste plase en B&B’s langs die pad, met so ‘n Hole in the Wall eenkant teen ‘n heuwel. Mens verlang na ‘n tweewiel-ding om hier mee te ry. By de Hoek kampeerterrein naby die grotte aangekom, word demokraties besluit om ter wille van die koue liewer uit te chicken en ‘n chalet te huur in plaas van tentslaap.

 

Dapper stappers voor Bothashoek hut, Dag 2:  Agter Charlie, Freda, Jan, Ferdie.  Voor:  Altus, Elza

Drie van die geselskap ‘doen die grotte’ die middag en bring daarna een motor weg berg-op en los hom by Ou Tol bo-op die Swartbergpas. Dis nou vir die terugkomslag Sondag. Die ander drie het baie moeite om vuurmaakhout te koop/steel/in die algemeen te verkry, maar ons het die aand lekker vuur, en braai en gesels lekker. Winteraande is lank en koud sonder vuur. Ons slaap luuks op dik matrasse teen R37,50 per kop. Warm storte en spoeltoilette.

 

Vrydagoggend teen ½ 9 begin die stap na Gouekranshut 1000m hoër en 13 km die berge in. Steil aanvanklik maar later nogal  ‘n geleidelike helling wat mens die indruk gee jy loop gelyk, tot Frieda se vreugde. Drie voorlopers van ‘n ander groep steek ons verby, wag nie vir hulle maatjies by die vurk nie en verloor so mekaar, selfs oor huweliksgrense heen. Die sonnetjie skyn heeldag lekker warm, die berge is mooi, en  en ons lê soos dassies rond die laaste deel van die middag by Gouekranshut. R60 per kop hierdie keer en die matrassie is dun. Lekker hut met ingeboude rots-’features’.  Hier weer lekker groot vuur gehad. Koue storte en spoeltoilette.

 

Saterdag was koud en bewolk. Net een roete na Bothashoek-hut 15 km jeeptracklangs. Weswaarts. Dit ysreën, gedra in ‘n 80 km.h wind wat ampertjies vir Elza van die berg afgewaai het. Sleg. Koud. Maar mens loop maar aanhoudend en ons lê die hele pad af teen 4,1 km/h gemiddeld. Dus middeldag al by die hut. Nat en koud, maar die sonnetjie kom weer skamerig uit later, en ons kry baie klere-goed weer soortvan droog. R60 per kop alweer. Die ander groep het mekaar nou weer gekry. Hulle het nie ekstra skoene nie en loop die hele tyd kaalvoet of in ziplocksakkies rond. Moet nog leer van die berge, dit was hulle eerste stap. Koue storte en spoeltoilette.

 

Sondag is weer lekker mooiweer met min wolke, en ons stap  via die kruinroete, 12 km. Dis bokant die helling waarteen die Swartbergpas uitklim en mens eindig by die pas se bopunt. Heelwat op en af, maar dit is baie mooi. Ons kyk van so net onder wolkbasis  af na die Groot Karoo in die Noorde, die Klein Karoo in die Suide, en die pad na die Hel in die Weste, anderkant die pas. Ons maak weer motors bymekaar, eet ietsie in Oudtshoorn en vat die lang pad huis toe. Nagswart laat tuis teen ½ 9 die aand eers.

 

Totale koste: R37,5 + 60 + 60  vir slaap en R230 vir saamry = R387,50

 

Ferdie Botha

 

 

 

Agter-Tafelberg   6-7 JUNIE 2005

 

 

Kobus was die leier , want arme Christo het griep opgedoen.  Ons het op `n baie koue en nat oggend in die reën begin stap.  Net Kobus, Andy, Denise (haar eerste naweek stap) en ek.    Na so twee ure se stap het dit ophou reën.    Elke stroompie en rivier het afgekom en die watervalle was asemrowend.   Die Protea’s langs die pad het geblom en die voëls was volop.   Die rivier voor die styl opdraande was so vol dat ons ons stewels moes uittrek en kaalvoet deur stap.    Die water was so koud dat dit jou voete eintlik gebrand het!   Hier het ons toe sommer tyd afgeknyp vir `n te een `n ietsie te ete om stamina te kry vir die lang opdraande.

 

Na 3 ure bereik ons die wankelende hang bruggie - die einde is in sig!

Dit was my eerste besoek aan die hut.   Ek is beïndruk met die moeite wat gedoen is om die hut te bou.  Die wete dat al die bou materiaal soontoe gedra is, bring net meer waardering dat daar sulke toegewyde mens is.   Dankie aan hulle.  

 

Dit was bitter koud en ons het die middag binne die hut deurgebring en deur die groot glas vensters die rivier, watervalle en op `n keer sneeuvlokkies (wat val en smelt voordat dit die grond raak) sit en bewonder .  So nou en dan moes ons uit om te gaan water haal of die Alpen Bliek  te besoek (naam van die toilet)  

 

Die toilet het natuurlik sy eie inwoner `n groot spinnekop (flattie) wat net daar is wanneer Denise soontoe gaan.  

Die aand 7 uur kry ons nog 3 onverwagte gaste.   Die drie was bitter koud en moeg –(is van Kaapstad afdeling en het 4 uur eers begin stap).  Die een jong man was so galante heer hy het sy vrou oor die volg rivier dra !   Die ander jong man van die groep was `n rustelose slaper en het die hele nag ge-op en ge-af en slaapsak uitgeskud.  So sekere mense het min geslaap en ander het lekker gesnork.

 

Die volgende dag was heerlik sonnig.   Ons het vroeg oggend gaan stap.  Die rivier was in vloed en ons kon dit nie oorsteek nie , toe volg ons maar plan B.   Klim die berg agter die Hut en bewonder die skoonheid van daar. 

 

Na middag ete die lang pad terug.   Moes weer skoene uit trek om die rivier oor te steek.  Ek het vreeslik geskimp oor hoe die ander man sy vrou oor die rivier gedra het, maar dit het op dowe ore geval! 

 Ons was so 4 uur terug by die motors.    Dankie Kobus, dit was `n lekker stap.

 

Van Irene Vermeulen



“A group of students were asked what they thought were the present “Seven Wonders of the World.”   Though there were some disagreements, the
following received the most votes:

1. Egypt’s Great pyramids                                         2. Taj Mahal

3. Grand Canyon                                                         4.  Panama Canal

5. Empire State Building                                           6. St. Peter’s Basillica

                                                                                     7. Great Wall of China

 

While gathering  votes, the teacher noted that one student had not finished her paper yet.   So she asked the girl if she was having trouble with her list.   The girl replied, “Yes, a little.  I couldn’t quite make up my mind because there were so many.”

The teacher said, “Well, tell us what you have, and maybe we can help.”

The girl hesitates, then read, “I think the “Seven Wonders of the World” is:

1. To see                                                                     2.  To hear

3.  To touch                                                                 4.  To taste

5.  To feel                                                                    6.  To laugh

7.  To love

 

The room was so quiet you could hear a pin drop.  The things we  overlook are simple and ordinary and that we take for granted are truly wondrous!    A gentle reminder - that the most precious things in live cannot be build by hand or bought by man.

 

Met dit in gedagte wil ek graag vra wanneer laas het jy jou ou vriend of vriendin gebel en genooi om saam te gaan stap.   Om weer die wonder van die berge te sien en voel,  om weer die voëls te hoor sing,  met vriende te lag en gesels terwyl jy `n tydjie afknyp vir tee.    Daar is so baie klub lede wat weens werk, siekte,  dood in die familie of `n ander rede; baie lank laas in ons pragtige berge gaan stap het!

 

Ek en my man is redelike nuwe lede (3jaar) en ken nie al die lede nie, so op sosiale aande luister ek maar hier en praat daar. Dit het my opgeval dat daar  lede is wat lanklaas gestap het  en graag weer wil fiks word, maar die motivering ontbreek, hulle vra en skimp, maar word nie genooi om saam te stap nie.  

 

Komaan stof af die rugsak en haal uit die stap skoene en begin weer stap.  Die berge wag.

 

Ons stap elke naweek as die weer en gesondheid dit toelaat  op of Sondag of Saterdag(afhangende van die weer)   As jy niemand het om mee saam te stap nie kontak ons.   Ons is bereid om stadig te stap of `n maklike roete te stap om die wat weer in die pas wil inkom te akkommodeer.

 

Andy & Irene Vermeulen

Tel/faks:   021-975-4901

e-pos:   sscc@cybertrade.co.za


 

Ledegeld

 

 

Kan jy glo dat daar steeds mense is wat nie hulle 2005 ledegeld betaal het nie!   Die Klub wil nie graag lede verloor nie, maar in terme van Paragraaf 7 van die Konstitusie kan ‘n persoon se lidmaatskap beïndig word as sy ledegeld nie betaal word nie.

 

Kom nou mense:  maak seker dat jou ledegeld betaal is : kontak gerus ons Tesourier (Irene) iniden jy onseker is.

 

Irene sê:  Baie dankie aan al die lede wat 2005 se ledegeld reeds betaal het .  Aan die paar wat nog nie betaal het nie wil ons net weer herinner.   Ons wil ook daarop wys dat Tygerberg Afdeling se jaar eindig op 31 Desember 2005.   Lede gelde vir 2006 kan vanaf  1 November 2005 betaal word.

Ons herhaal net weer die bank besonderhede:

 

Naam van rekening:  Tygerberg Afdeling van die Bergklub van Suid-Afrika

Bank : ABSA

Tak en takkode:   Tygervallei   542-510

Lopende rekening nommer: 11-0398-2347

 

Laat  asseblief die tesourier weet (per tel, faks. sms of  e-pos) wanneer julle geld direk in die rekening inbetaal.   Vul asseblief julle van en naam in by deposito verwysing op die ABSA strokies.   Dit is `n probleem as daar geld inbetaal word en ons weet nie van wie dit gekom het nie.

 

Irene Vermeulen,  Saunderstraat 25, Durbanville  Tel en faks.:  021-975-4901

sel.: 072-30-33-200    e-pos:  sscc@cybertrade.co.za.

 

 

 

MOUNTAIN USERS UNITE FOR COMMON GOOD

 

 

Representatives from various organizations whose members enjoy the mountains, are getting together to form a new group that hopes to represent all mountain users.  The group has had two meetings to date and is keen to involve more organizations at the next meeting.

 

The group has adopted an interim name, Western Cape Mountain Users Group, and hopes to act as a central point for information, queries and issues that concern all people wanting to make use of the mountains.  This includes not only hikers and walkers, but also rock climbers, mountain bikers, paragliders, environmentalists and 4x4 enthusiasts.

 

“We all make use of the mountains, so we may as well cooperate amongst ourselves to reach agreement or find some common ground before we approach the authorities,” said Rod Prodgers of CRAG, Cape Runners Against Gravity, a trail running group.

 

Greg Moseley, Vice-chair of the Table Mountain National Park Forum and recreational user portfolio holder and also Chairman of the Cape Town Section of the Mountain Club of South Africa, said “We may well end up operating in a similar manner to the TMNP Forum, but will be dealing with broader issues that affect the Western Cape, for example Cape Nature’s permit and fee system that currently acts as an economic bar to many people.”

 

Other issues the group hopes to address are access across private land, environmental issues and encouraging young people to get into the mountains.  “Young people are the future of our clubs as well as the country and unless they appreciate mountain areas they won’t take care of them,” said Kurt Dixon of the Western Province Mountain Club.

 

The group urges any organization with an interest in the mountains to attend the next meeting which will be held on Thursday 18th August at 8pm.  To register your interest please contact Roger Diamond on 021 4832901 (o/h) or 021 4487597 (a/h).

 

 

 

DUIWELSPIEK  :  31 JULIE 2005

 

 

Dis Sondagmôre net na 08:00 toe ‘n groep van 10 Bergklublede van die parkeerterrein by Rhodes Memorial vertrek om Duiwelspiek te klim.  Dis ‘n volmaakte sonskyndag – een van daardie kristalhelder dae wat mens laat voel dat die lente om die draai is…….

 

Die paadjie styg omtrent onmiddellik vanaf die Rhodes Memorial en sommer gou-gou skuif die minder fikses na agter.  Dis eintlik terselfdertyd ‘n oefen-lopie vir Carl se ekspedisie-lede na Reunion!  By die Blokhuis is 2 swaar kanonne steeds stille getuies van die vervloeë Kaapse geskiedenis.

 

Vanaf die Blokhuis lei die roete feitlik loodreg teen die eerste rif uit.  Ons is verbaas om ‘n stapper met sy hond op die kruis van Mowbray Ridge aan te tref!  Gelukkig het hy besluit om nie die hond (of vir homself) verder te beproef nie.  Daarvandaan is ons sydelings teen die linkerhang van Minor Peak tot in die nekkie, waar ons 2 thars in die oorkantste klofie opgemerk het.  Hulle het klaarblyklik die uitwissingsprogram vrygespring!

 

Vanaf die nekkie lei die roete linksom Duiwelspiek en is daar gedeeltes wat redelik blootgestel is – beslis nie vir diegene met hoogtevrees nie!  Die uitsig is egter ongelooflik.  Vanaf Muizenberg tot aan die Weskus!  Ons is voor 12:00 bo, waar ons dadelik wegval aan ons welverdiende middagete.  Reline het duidelik oorvoorsien en allerlei versnaperinge (selfs skuinskoek) word aan ons ander uitgedeel.  Ons wonder steeds waarom daar drie bakens op Duiwelspiek voorkom?

 

Christo het besluit om die kontoerpad te volg met die teruggaan.  Die berg is vol pragtige heide en suikerbos.  Weereens vergaap ons ons aan die wonderlike uitsig.

 

Terug by die motors besluit ons eenparig dat Duiwelspiek weer op volgende jaar se program moet verskyn:  ‘n juweel van ‘n berg, wat dalk nie genoeg erkenning geniet nie!

 

Dankie Christo!

 

 

Johann Benkenstein

 


 

 

JOHNSONHUT:  SOMERSETSNEEUKOP  20-21 AUGUSTUS 2005

 

 

Ons is ‘n groep van 7 wat die Saterdagoggend met Johan Botha, ons stapleier, se blinknuwe Caravelle (4x4) na Somerset-Wes vertrek.  Watter weelde!

 

By Vergelegen se ingangshek het Uli Deutschlander, voorsitter van die Hottentots-Holland-tak van die Bergklub, ons ingewag met die sleutel van die Johnson-hut (hulle klub se berghut).  Hy het ons egter eers vir ‘n kort besigtigingstoer na Vergelegen geneem, waar hy die reuse 300-jaar-oue kamferbome vir ons wou wys.  Willem Adriaan van der Stel het die bome in 1700 daar agter die herehuis aangeplant.  Intussen is die bome tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.  Nogal indrukwekkend.

 

Vanaf Vergelegen lei die grondpad bergop na die Johnson-hut.  Gelukkig ry Uli voor ons uit om die pad aan te wys.  Vanaf die parkeerplek is dit slegs ‘n kwartier se stap na die hut.  Maar wat ‘n verrassing!  Die pragtige hut in Switserse styl het ‘n asemrowende uitsig oor die hele Helderberg-reeks en die see!

 

Na middagete vertrek ons met dagsakke in die rigting van Landdros-kloof.  Uli stap saam en lig ons in oor al die moontlike roetes van die omgewing.  Ongelukkig moes ons halfpad in die kloof omdraai om weer betyds voor donker by die hut te wees.

 

Intussen het die wind opgekom en ons “sundowner” op die stoepie duur nie te lank nie.  Tog bewonder ons weereens die wonderlike uitsig, voordat ons van Uli afskeid neem en na binne verskuif om die braaivleis vuur aan te pak.  Die gesellige saamkuier so om die vuur bly darem maar ‘n hoogtepunt van die stap!  Daardie nag waai die wind verwoed en voel dit asof ‘n mini-orkaan die hut getref het!  Ons wonder in die stilligheid of die klim van Somerset-Sneeukop in die slag gaan bly…..

 

 

Wonder bo wonder het die wind vroegoggend bedaar, maar die lug lyk onheilspellend donker.  ‘n Warm berglug voorspel ook niks goeds nie.  Maar nouja, ons Bergklublede word nie maklik afgeskrik deur die weer nie.

 

Die roete na Somerset-Sneeukop lei al langs die Sneeukop-rivier in die kloof op.  Die bruisende stroom en digte bosse maak die gedeelte baie aanskoulik.  Hoër op teen die berg kom mens in die oopte, waar die paadjie(?) aanvanklik deur ruie veld en daarna oor ‘n lawa van rotsblokke tot in die nek lei.  ‘n Onverwagse reënbui sak oor ons uit net voordat ons die baken bereik, maar duur gelukkig nie lank nie.  Ons eet ons welverdiende  middagete onder ‘n oorhangende krans en geniet die pragtige uitsig oor Valsbaai.

 

Die terugtog verloop ietwat makliker, hoewel die bui reën die rotse nou verraderlik glad gemaak het.  Ons verwonder ons aan Frans, wat op 74 nog geen tekens toon dat sy lewensvlam enigsins laer brand nie!  Ons “jonges” se stille versugting is dat daar vir ons ook nog soveel geseënde stapjare mag voorlê.

 

Ons was net ná 5 uur terug by die hut – ‘n redelik uitgeputte groepie! Dankie weereens aan Johan vir sy bekwame leierskap.

 

 

JOHANN BENKENSTEIN

 


Seven Little Big Peaks (or the Seven Island Summits)


Everest, Kilimanjaro, Aconcagua, Denali, Elbrus, Carstensz Pyramid, Vinson, we’ve all heard of the seven summits, been enthralled by stories of teams climbing them and getting their names on the ‘list’ of summiteers. But did you know there is another list of seven summits which in some ways are much harder to summit, and which have become some mountaineer’s lifelong dreams to achieve.

These are the seven highest summits on the seven largest islands. Most people will have never heard of them, and they are not necessarily the highest island peaks, but these mountains have drawn quite a large following and achieving the seven summits is no mean feat.

Being islands, the logistical complications are the first problem encountered, as the islands often have little or no established transport infrastructure to get climbers to where they want to be. The absolute remoteness of many of the peaks also tests team members to the limits in sometimes arctic or more often then not, tropical temperatures with all the other irritations that come with tropical travel.

So where are these Seven Little Big Peaks?

Before looking at the actual heights of the peaks, remember that the primary requirement to meet is that it must be on one of the worlds seven biggest island landmasses. This is to correlate with the seven continental summits. One peak is in fact on both lists. This means we have the following islands to look for high peaks on. In size order they are:

Greenland, New Guinea, Borneo, Madagascar, Baffin Island, Sumatra and Honshu/Japan.

The actual peaks in question according to island size are:

1)       Greenland – Gunnbjørn Fjeld – 3694 meters
2)       New Guinea – Puncak Jaya (Carstensz) – 4884 meters
3)       Borneo – Kinabalu – 4095 meters
4)       Madagascar – Maromokotro – 2876 meters
5)       Baffin Island – Mount Odin – 2147 meters
6)       Sumatra – Gunung Kerinci – 3805 meters
7)       Honshu – Fuji-san – 3776 meters

The Seven Little Big Peaks are all less than 5000 meters, so what drives mountaineers to attempt what to a lot of people does not come close to the seven continent summits?

In some peoples minds the Seven Continental Summits have become ‘sausage factories’ pushing all and everyone who can afford it up the peaks. We have all seen the results of the degradation of the environments near these peaks, and how the summit is more important than the means of attaining it.

Many of the climbers attempting the Seven Island Summits are looking for something different, off the beaten track and something with true exploring feel to it. A peak in question in this regard is Mt Maromokotra in Madagascar. At 2876 meters it is only number six on the list and comes in at number twenty seven on the total list of highest island peaks regardless of landmass size. However Maromokotro has everything a true explorer could be looking for.

At only two degrees below the equator and in an island that has some of the most diverse and unique fauna and flora in the world, Maromokotra, sometimes also known as Tsaratanana by the locals, is a peak that your travel agent would not have ever heard of. Ask any travel agent for the highest peak on Madagascar and you will be told it is Mt Amber. Amber is in the middle of a national park with well established infrastructure and good walking paths to the summit. Maromokotro on the other hand is literally in the middle of nowhere. Research for this article found that it was last climbed in 2000 and that a number of scientific expeditions have a rough time and been turned back without reaching the summit. Dense tropical jungles, croc and eel infested rivers, tribal villages that could be likened to stone age living and in the final days before the summit, barren rock covered waterless terrain, are all to be expected for those who desire this summit. The Bradt guide to Madagascar describes the peak as, “…largely deforested, waterless, trail-less and hot”. However local guides describe it as having, “Spectacular views”.

Part of the pleasure of the peak is being able to climb a peak where you will be able to interact with the locals on the first part of the trip and then not see another human being for over a week near the summit except for those in your group. From the summit, one can see Mitsio and Nosy Be islands and the northern Amber Cape on clear days and on the walk out it is quite possible you will see Lemurs in their natural environment.

The round trip to Maromokotro is 14 days with 11 of these actually on the trek. Wildways Adventures has a trip to Maromokotro in September 2006 which is the only time of year that the weather is stable enough. Teaming up with a local guiding company who have successfully guided the peak in the past, Wildways Adventures has an American client who will be summiting the peak to achieve his lifelong goal of summiting not only the Seven Peaks on Islands, but has already summited the seven continental peaks. Maromokotro is the final peak to reach his goal. They can accommodate a maximum of another 10 people on this once in a lifetime trip and further details are available from them on 031 767 2160, info@wildways.za.net <mailto:info@wildways.za.net>   or from their website at www.wildways.za.net <http://www.wildways.za.net/

As a point of interest the seven highest peaks on islands regardless of landmass size are:

1)       Puncak Jaya – New Guinea – 4884m
2)       Mauna Kea – Hawaii – 4205m
3)       Kinabalu – Borneo – 4095m
4)       Yu Shan – Taiwan – 3997m
5)       Gunung Kerinci – Sumatra – 3805
6)       Mt Erebus – Ross Island – 3795m
7)       Fuji-San – Honshu – 3776m

 

* * * * * * *