BERGNUUS

DIE BERGKLUB VAN SUID-AFRIKA

WEBWERF BKSA-TYGERBERG
WEBSITE MCSA-TYGERBERG 

AFDELING TYGERBERG

POSBUS 4572

7536 TYGERBERG

 

April 2006

 

Bestuur het versoek dat die 2005 jaarverslag en hulle name, portefeuljes  en kontaknommers in Bergnuus geplaas word:

 


Jaarverslag 2005

 

 

 

Komitee     (dis laasjaar s’n – Red)

Voorsitter:                   Carl Lombard

Onder-voorsitter:         Barend Nel

Sekretaris:                   Sandra Lombard

Tesourier:                    Irene Vermeulen

Addisionele lede:         Charlie en Freda Buckle, Altus de Wet, Gerrit Kritzinger, Johan                           Benkenstein.

 

Lede

Die ledetal staan op 93 vir 2005. Daar was 2 bedankings en 3 nuwe lede. Die Afdeling het ook die lidmaatskap van 16 lede beëindig wat agterstallig was met ledegeld vir die laaste twee jaar en aangedui het dat hulle nie meer belangstel nie. Die prosedure vir die registrasie as voornemende lid is vereenvoudig en goedkoper gemaak en die proses word afgehandel deur die stapleier van die eerste stap waaraan hulle deelneem. Hierdie verandering kan die Afdeling ’n paar nuwe lede besorg in 2006.

 

Finansies

Die Afdeling se finansies is gesond en is goed bestuur. Goedkeuring is van die SA Inkomstediens gekry en die Afdeling is nou geregistreer as ’n onderneming sonder winsbejag.

 

Stappe en sosiaal

Van die 24 beplande stappe op die 2005 stapprogram het 20 plaasgevind. Stappe is goed bygewoon en voornemende lede is geakkomodeer. ’n Staptog in Reunion se uitgewerkte en aktiewe vulkane is in September aangebied en 5 lede het die tog onderneem. Die Afdeling was verantwoordelik vir die gesamentlike stap van die Wes-Kaap afdelings in 2005 en die geleentheid is gehou by Turret Piek in die Koue Bokkeveld. ’n Paar lede van Stellenboch, Kaapstad en Worcester het die naweek meegemaak. Dankie aan Charlie Buckle vir die reelings.

 

Die klubaande was in 2005 baie gewild en die temas wat aangebied was het die belangstelling geprikkel. Dankie aan die gashere en gasvroue. Die Jaarvergadering is by die Du Toits Kloofhut gehou met die goedgunstige toestemming van die Kaapstad Afdeling.

 

Nasionale Bergkamp 2007

Die komitee wat aangewys is vir die beplanning en reelings van die 2007 Nasionale Bergkamp het twee vergaderings gehou en ’n terreinbesoek gedoen. Beplanning en finale reelings sal in 2006 gemaak word. Die kamp word beplan vir die laaste week van September 2007.

 

Nuusbrief en Feesblad

Drie uitgawes van die Nuusbrief het verskyn. Die 25 jarige herdenking van die Afdeling het in 2005 oorgeloop met die publikasie van die Feesblad. Die hoogtepunte en insidente van die afgelope 5 jaar is geboekstaaf. Dankie aan Altus de Wet vir die produk.

Rotsklim

Aktiwiteite was beperk as gevolg van beperkte belangstelling van lede en beskikbaarheid van klimleiers. Die Afdeling het besluit om die nuwe inisiatiewe van Paarl-Wellington te ondersteun om lede wat wil klim te akkommodeer.

 

Skakeling

Die plaaslike dagblad het die stapprogram van die Afdeling weekliks bekendgestel. Die Afdeling was ook verteenwoordig op die eerste vergaderings van die Mountain Users Group (MUG) wat poog om om te sien na die belange van alle gebruikers van die berge in die Wes-Kaap.

 

 

 

Bestuur 2006 (en dis nou hierdie jaar s’n ja – Red)

 

 

Pos

Naam

Van

Telhuis

Sel

Telwerk

e-pos

Voorsitter

Carl

Lombard

021-939-4846

082-411-4323

021-938-0328

Carl.Lombard@mrc.ac.za

Ondervoorsitter

Andy

Vermeulen

021-975-4901

072-303-3200

021-975-4901

sscc@cybertrade.co.za

Sekretaris

Liza

Schlebusch

 

082-425-4202

021-507-5277

liza.schlebusch@aotfinance.co.za

Tesourier

Irene

Vermeulen

021-975-4901

072-303-3200

021-975-4901

sscc@cybertrade.co.za

Lid vir Stap

Frik

Van Manen

021-945-2584

084-945-2584

021-406-4313

brigitte@sun.ac.za

Lid vir Rotsklim

Nico

Steyn

021-553-4192

082-457-8907

 

nico@bontkop.co.za

Lid vir Skakeling

Brigitte

Visagie

021-945-2584

084-945-2584

021-406-4313

brigitte@sun.ac.za

Opleiding en Redding

Johann

Benkenstein

021-919-3654

084-619-3654

021-441-9232

jbenkenstein@justice.gov.za

Bergnuus                   Ferdie   Botha             913 2613      083 797 1403     980 3394   ferdie.botha@eskom.co.za

 

 

Cascades Stap   12 Februarie 2006 – Irene Vermeulen

 

 

Ons begin die oggend om 08H30  by  Du Toit’s Kloof hut met die staproete.   Party het oorgeslaap na die jaarvergadering en ander het vroeg oggend gekom vir die stap.  Ons is agt in totaal met Nico Steyn (as  leier) en sy seun Loubser, Erika  & Johan Benkenstein, Kobus Marais, Iréne Vermeulen,   Japie van Niekerk en  het sy dogter Yolanda (haar heel eerste stap met Bergklub).

 

Nico verduidelik dat ons die middeldeel van Cascades waterval gaan opklim tot so driekwart pad boontoe en omdat dit so warm is (±34-36°C) gaan ons dieselfde pad weer af kom om sodoende in die koelte en naby die waterpoele te bly .  Hy gee ons `n keuse of ons met die grondpad tot by die onderkant van Cascades wil stap of kortpad vat deur die vars afgebrande veld.   Ons kies natuurlik  die kortpad.   Wat `n groot fout!   Die braambessiebosse het afgebrand, maar nie hulle dorings verloor nie. Ons is lekker swart en goed gekrap toe ons anderkant uitkom.  Ons gaan verby `n ou verlate plaas-opstal en loer eers oral in en wonder wie het op `n tyd hier gewoon.   Toe is dit oor die N1 en kry koers na die heel onderste poel van Cascades.   Hier rus ons  vir `n rukkie voordat ons die steiltes aandurf (Die water is nog te koud om in te swem).

 

Soos beplan begin klim ons die middel roete.   Dit is baie steil en die son bak. Ons wonder heel tyd dat as ons so sukkel om op te kom hoe ons weer hier moet af kom.  Dit word al hoe warmer en al wat ons aandryf is  die wete van `n  swempoel bokant toe.   Uiteindelik bereik ons die poel.  Nico het `n tou om die rots gespan sodat ons veilig by die poel kan uitkom.   Ons kan nie gou genoeg in die water kom nie.   Dit is `n onbeskryflike heerlike lafenis na die stof en hitte.

 

Yolanda besluit sy hou nie van die hoogteblootstelling nie en gaan by die poel bly totdat ons terugkom.   Erica wat, swak begin voel het van die  hitte, wou eers ook bly, maar na `n ruk se swem in die koue water het sy voldoende afgekoel en besluit om voort te gaan.

 

Weereens trotseer ons die steiltes en hitte op pad na nog `n swem poel.  Die paadjie word min gebruik en is al toegegroei.   Plek-plek verloor ons die pad en vind dit dan weer hoër op.  Ons klouter soos bobbejane oor rotse en om rotslyste.   Op een plek het Nico `n klim tou met `n “friend” in die rots geanker;  dan het hy vir ons die tou afgegooi wat ons om ons lyf moes vasbind sodat ons `n styl rotswand kan opklouter.   Daar was baie vasvat plek maar min vastrap plekke – onder het die afgrond vir jou geloer!  Ons kom darm almal veilig bo.

 

Vandaar   is ons om `n rotswand waar jy voetjie vir voetjie om die rotslys moet gaan.   Weer eens baie vashouplek.   Dit is net die senuwees knaag maar as jy na die  afgrond onder kyk.  Tien minute later bereik ons die eindbestemming.   Groot rotspoele met skadu-bome. 

Hemels na die uitputtende stap/klim!   By die  boonste poel vind ons  `n pragtige disa in blom. 

 

Hier geniet ons middagete, swem, rus en swem weer.   Te gou is dit tyd om terug te gaan – dieselfde  steil pad wat ons opgestap het doen ons nou  ondertoe.    Die uitsig van Du Toit’s piek en die omliggende berge en klowe is ongelooflik.  

 

Skielik hoor ons wat agter is `n gil en ons dink iemand het geval, maar Japie het per ongeluk `n rots los getrap wat nou berg-af rol.

 

Yolanda wat onder by haar poel  sonbad, word begroet deur die rollende rots.    Gelukkig hoor sy die rots en  kon betyds padgee.    Dit val met `n plons in die poel voor haar!   Sy is vaal geskrik, maar so bly om ons almal weer te sien dat sy heel vergewensgesind is oor die rots. 

 

Ons gaan die res van die  steilte af op  hurke of op boude.   Dit is vir party van ons net te angswekkend op regop af te stap.  Hier langs my hoor ek Erica sê dat dit  die ergste Bergklub stap is wat sy nog gedoen het.  

 

Ons kom uitgeput en vol stof by die heel laaste poel   (die een wat die oggend te koud was)  Hier rus en swem ons heerlik.  Loubser duik telkens van die rotswand in die diep poel in.  (Mens maak mos eers seker daar is nie rotse onder die water wat die vorm van jou kop kan verander nie... Red.)

 

Ons besluit eenparig om dié keer met die grondpad terug te stap.  Ons kom 16h00 uur by die motors.

Die stap was `n uitdaging, maar  ons het dit terdeë geniet.

 

 Dankie Nico vir die lekker stap.      Irene Vermeulen

 

 

Lisa en Carel het  albei  hierdie brokkie aangestuur, so dis belangrik.  

As jy nie vir Benny ken nie, vind by een van hulle uit – Red.

 

Thought I'd let you know the dates for this year's hiking challenges: 

Greyton Hiking Challenge: 16 & 17 June 2006 

Boland 90 Hiking Challenge:  27 - 30 September 2006 

Entry forms and brochure will be forwarded to you on request. 

 

Regards 

Benny


RECOGNISING A STROKE

 

         A prominent neurologist says that if he can get to a stroke victim within three hours he can reverse the effects if a stroke – totally.   He said the trick was getting a stroke recoginsed, diagnosed and getting to the patient within those critical 180 minutes.

 

The trouble is that sometimes symptoms of a stroke are difficult to identify.   People may suffer a mild stroke and the only immediate symptoms might be a stumble or a sudden fainting spell, which may be attributed to dizziness, heat, fatigue or a number of other causes.  People undertaking strenuous exertion on a hot day can suffer strokes, as several do in the Two Oceans Marathon and Argus Cycle Tour every year.

 

Unfortunately, the lack of awareness spells disaster.   The stroke victim may suffer brain damage or death when people nearby fail to recognize the symptoms of a stroke.

 

Now doctors say a bystander can recognize a stroke by asking three simple questions:

 

1.       Ask the individual to smile.

2.       Ask him or her to raise both arms.

3.       As the person to speak a simple sentence coherently – i.e. “it is sunny today”, or to confirm their name and address.

 

If he or she has trouble with any of these tasks, seek medical assistance immediately.

 

After discovering that a group of non-medical volunteers could identify facial weakness, arm weakness and speech problems easily, researchers have urged the general public to learn the three questions. Widespread use of this test could result in prompt diagnosis and treatment of the stroke and prevent brain damage.

 


Myburgh’s Falls, dagstap
– Liza Schlebusch

 

 

Vroeg-oggend het ons mekaar  by Constantianek ontmoet. Daar het Kobus  ons vertel hoe ons roete gaan loop en van daar in van die motors vertrek na die beginpunt van Myburgh's Waterfall Ravine. Die weer was heerlik warm en ons het lekker in die skadu gestap en ons gaste kans gegee om eers gewoond te maak aan die klim. Bo gekom, het ons regs gedraai na Grootkop se kant, en teen die wind begin stap. Een en almal was baie bly toe Kobus ons die Eiland (dis die rots in die prentjie – Red.) gaan wys het (dankie Kobus) en ons lekker beskut was om tee daar te geniet onder 'n geelhoutboom. Van daar het ons teen Grootkop uit  aan mekaar vasgeklou soos kinders in die wind om foto's te neem.

 

By Grootkop is ons af tot in 'n skeur wat toegerus is met 'n "eetkamerstel" en ons het heerlik geëet en gesels. Van daar het ons die aftog begin aan die Suid-Oostekant en by die grootklippe het Iréne eers gaan kyk of die sonbril wat sy op 'n vorige stap daar vergeet het nog te vinde is en "Voila, die berg het verlore eiendeom bewaar!"

 

Ons is af met Intake Ravine en het al met die  Jeeptrack langs gestap en die blomme bewonder, lekkergoed geëet by Disarivier, en weer 'n laaste teetjie geniet by die Ou Disa.  Amper 'n uur later as wat Kobus beplan het weer by  Constantia  Nek aangekom, maar Kobus het ons vergewe aangesien ons baie foto's kon neem en net 'n heerlike dag geniet het!!

 

Liza

 


ROTSKLIM

 

Persone wat belangstel in Rotsklim kan Iain Smuts, personaltax@xsinet.co.za  082 877 2556 kontak.  Hy is van Paarl Wellington en bied aan om met graagte belangstellendes “tou wys” te maak.     Hierdie behoort ‘n goeie reëling te wees aangesien ons eie klimmers en leiers ‘n bietjie te min is om ‘n lewendige program vol te hou. 

 

Ondersteun asb Iain se aanbod.Oorblywende datums in 2006:

 

6 to 7 May 2006 – Rocklands, Cederberg.

4 June 2006 – Paarl Rock.

6 August 2006 – Silvermine Crags.

2 to 3 September 2006 – Oudtshoorn

1 October 2006 – Paarl Rock.

5 November 2006 – Kleinmond.

 


KOMENDE AKTIWITEITE – met Charlie Buckle as stapleier

 

1  Krakadouwpiek via Groot Koupoort.  29 April tot 1 Mei 2006.

 

Hierdie stap vind gedurende ‘n langnaweek plaas en strek oor drie dae. Die plan is om vanaf Heuningvlei na Groot Koupoort te stap en Koupoortpiek te klim. Diegene sonder hoogtevrees sal die geleentheid kry om oor die diep en asemrowende afgrond te gaan afloer. Ons oornag dan in ‘n vlaktetjie net onderkant die piek. Bring tentjie.

 

Dag twee stap ons na Krakadouwpiek. Daar behoort genoeg tyd te wees om die klipskeure, grotte, afgronde en klipformasies te verken.

 

Dag drie kan ons nog plekke bo-op die berg verken voordat ons die terugtog na die motors aanpak.

 Bespreek asseblief onmiddelik aangesien net 8 plekke bespreek is. Die permitgelde beloop R140 p.p.(R70 per nag) en is betaalbaar wanneer jy bespreek of soos met die leier ooreengekom. ‘n Petroldonasie van R180 is betaalbaar wanneer jy saam met iemand ry.’n Redelike mate van fiksheid is ‘n vereiste.

 

Skakel die leier Charlie Buckle by tel. nr.9135751 of 0823391733 om te bespreek.

 

 

2   Amatola Voetslaanpad (Oos-Kaap). 24 September tot 29 September 2006.

 

Ons gaan die volle staproete van 100km. wat strek oor 6 dae aandurf.  .Daaglikse afstande wissel tussen 15 en 22,5 km. en omdat daar verskeie steil klimme is, moet voetslaners fiks wees. Die pragtige uitsigte, rustige strome met aanloklike swempoele, en talle watervalle, en verruklike inheemse woude en tesame met goeie geselskap van die Tygerberg Afdeling, is voldoende beloning vir al die inspanning.

100km.; 6 dae ; eenrigting

Die oornaghutte beskik oor slaapbanke, matrasse, braaigeriewe, vuurmaakhout, storte en toilette.

Kostes is R225 per persoon vir die permitte, R400 petrolgeld as jy saam met iemand ry. Begroot ook ongeveer R100 taxigeld om by die beginpunt afgelaai te word aangesien dit onveilig is om ‘n voertuig daar te los. Daar sal ook nog ekstra gelde betaalbaar wees om te oornag op pad en van die Oos-Kaap. Let wel, bogenoemde datums is slegs die periode op die voetslaanpad en sluit nie die “toer”datums in nie! 

 

Permitgelde is so gou as moontlik aan die leier betaalbaar, maar nie later as 31 Mei 2006 nie. Bespreek onmiddelik en nie soos aangedui op die stapprogram nie.

 

Skakel die leier, Charlie Buckle vir verdere inligting en om te bespreek.

Sy telefoonnommer is 9135751 of  0823391733. 

 

 


Irene sê…

 

 

Ek wil graag al die lede bedank wat so flink gereageer het met die opgradeering van ons databasis en betaling van ledegeld.

Daar is nog paar lede wat nie betaal het nie en dan is daar `n paar wat wel betaal het, maar vergeet het om op die strokie in te vul van wie dit kom.

Indien jy wel betaal het en nog nie jou plakker en joernaal ontvang het nie kontak my asseblief.

Irene Vermeulen

tel:  975‑4901

 

Die volgende lede het bedank:    Dainty Meyer, Niel de Villiers, Tertius en Tersia Karstens.

 

Ons heet die volgende nuwe lede hartlik welkom:  Adriaan Haupt; Linda Naudè en Marietjie Vercuiel.

 


Tafelberg

 

Cableway Offers Hikers a Special Rate!

Submitted by Mare Ascott

 

26 January 2006 Media Release Table Mountain Aerial Cableway

 

As from 1 February 2006, Table Mountain Aerial Cableway introduces a new hiker's ticket for R30 valid for cableway journey's down only. The hiker's ticket can be bought at top station ticket office before 09:30 every morning from 1 February to 30 June 2006.

"The Hikers Ticket is aimed at regular hikers that use the Cableway after their early morning hike. We look forward to seeing lots of familiar faces," says Sabine Lehmann, General Manager of Table Mountain Aerial Cableway Company.

 

To all those hiking up Table Mountain please be advised that the Cableway operates weather permitting. For weather information please call 021 424 8181 or log on to our website: http://www.tablemountain.net/ before hiking up.

 

Hiker's ticket price is as follows:

1. Valid before 09:30am only

2. Available at the top station ticket office at R30

3. Not valid at the Lower Cable Station

4. No other specials may be taken in conjunction with this offer

5. Valid 1 February 2006 ‑ June 30th 2006

 

For more information, please contact: Sabine Lehmann, Group General Manager, Table Mountain Aerial Cableway Company. Tel: 021 424 0015. Fax: 021‑4243792. Cell: 082 334 5122. siyabonga@tablemountain.net

 

Birthday Special

Simply present your South African ID on the DAY that you celebrate your birthday and you will get one free return ticket to enjoy up the cableway on your birthday. The promotion ends 31st December 2006 and is valid for adults only.

 

Pensioners Special

R60.00 return until 31 September 2006 (normal fare R115.00). Valid for South African senior citizens over the age of 60 years on presentation of a valid South African ID document.

 

 


From Meridian Hiking club's Newsletter

 

 

Veld Fires !!

 

Submitted by Lois Wagner

 

Can you outrun a veldfire? Would you know what to do if you were out hiking in the bush and saw smoke and flames headed your way? The following tips could save your life.

 

Don't panic

Animals, including the human kind, have a natural urge to flee when faced with an oncoming fire. But the answer to the question posed in the title is: No, you can't outrun a veldfire that's caught up with you. Veldfires, especially when blown by wind or heading uphill, can move faster than an Olympic 100m gold medalist ‑ so don't fool yourself that you're a match for them on foot.

 

If fire approaches: find an escape route

Even if you can't actually see flames, but you can smell or see smoke or a glow on the horizon at night, then a veldfire is dangerously near and you need to work out an escape route. If you can hear a crackling sound or see sparks in the air, then the fire is likely only a few hundred metres away and you may be at very high risk.

 

The best course of action is to try to get out of the path of the main fire front i.e. move across and downslope to the 'flanks' of the fire, or to an area that has already been burned or has no vegetation e.g. rock outcrops, dirt roads or gravel fields, and in the opposite direction to which the wind is blowing.

Your way should be clearly visible and nearby, however. If the wind is blowing the fire in your direction, or it's moving uphill towards you, you may not have time to get out of its path. Remember that fires, unlike people, generally move faster uphill, because heat rises and causes vegetation upslope to catch alight.

 

If the fire catches up with you: find shelter

Head for open ground i.e. where the fire's fuel ‑ vegetation ‑ is sparse. Look for a depression in the ground and clear away as much flammable material (ground cover, twigs, leaves) as possible. The bigger the area you can clear around you, the better. Lie face‑down and cover yourself with anything that will help shield you from the heat, such as natural‑fibre clothing, loose earth or even your backpack.

 

Getting under a bank of earth or a large boulder ‑ or getting these between you and the path of the fire ‑ will also help shield you from the flames. Cover as much exposed skin and hair as possible. Synthetic clothing is often highly flammable, but still better than bare skin.

 

If possible, get into a stream or other water body, but not a metal water tank ‑ this will literally cook the water when the fire reaches it.

 

If your clothes catch fire, cover your face and roll back and forth on the ground to extinguish the flames.

 

The real killers: heat and smoke

Even if the flames themselves don't reach you, you still need to protect yourself from heat and smoke. In fires, most deaths aren't as a result of direct burns from the flames: radiant heat (which can heat the air so intensely that it can actually sear your lungs), smoke inhalation and dehydration are the main threats. Protect yourself by wrapping your head and body in a preferably non‑synthetic material, such as a wool blanket. Use a section of fabric, moistened if possible, as a smoke filter to breathe through. Keep drinking‑water with you to stave off dehydration.

 

After the fire

You still need to be on your guard even when the fire front has passed. The ground can still be smouldering and the heat intense in places. Watch out for burned trees falling. Make your way carefully back to where you can inform the authorities ‑ not just about the fire, but to let them know that you've survived it and don't need to be rescued.

 

Don't be a fire‑starter

Most veldfires are started by careless (and sometimes seriously disturbed) people. Don't be one of these. When hiking or camping, especially in the summer fire season:

‑ Don't smoke, obviously. Most hiking and camping areas prohibit it anyway. If you must have a cigarette, stub out the butt thoroughly and keep it until you get back to a proper rubbish bin.

‑ Use a camping stove for cooking instead of a fire, particularly if there's a strong wind blowing. Make sure you know exactly how to use the stove before you leave home.

‑ If you do make a campfire, make it in a designated fire‑place or in a spot away from any flammable material. Avoid overhanging branches, thick bushes and steep slopes. You should have an area a few feet wide around the fire that is clear of vegetation and potentially flammable debris. You can also enclose your fire with a ring of large stones to help contain it. Keep your extra firewood, matches and any other fuel source (like gas canisters) well away from the fire.

‑ Keep water close by to quickly douse the campfire if it shows signs of spreading.

‑ At least one person should keep an eye on the fire at all times.

-          Make sure your campfire is completely out before you go to sleep or leave the campsite: douse the embers with water, then stir them up and douse them again. You should be able to touch the doused area with your bare hand. It's also a good idea (for aesthetic reasons too), to cover your fire spot with some soil or stones. (Olivia Rose‑Innes, EnviroHealth Expert, Health24, November)

-          -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 

Het nogal sterk oor hierdie gevaar gewonder tydens ons warm aand by die Jaarvergadering – Red.

 

Laaste vermaning:  Moenie laat die arme Irene al die skryfwerk vir Bergnuus doen nie. Stapleiers, jou Bergnuusredakteur se e-pos adres is: ferdie.botha@eskom.co.za. Nul uit tien as jy dit nie al voorheen raakgelees het nie !!… Ek sit sommer jou ligte af…!!!