KONSTITUSIE
VAN DIE BERGKLUB VAN SUID-AFRIKA
AFDELING
TYGERBERG:
VERKIESING
VAN GEWONE EN PLATTELANDSE
LEDE
VERKIESING
VAN LEWENSLANGE LEDE
BEëINDIGING
VAN LIDMAATSKAP DEUR DIE BESTUUR
1. NAAM: Die
Bergklub van Suid-Afrika, Afdeling Tygerberg.
2.
DOELSTELLING:
Die doelstellings van die Afdeling is die volgende:
a) Om stap- en klimtogte te reël.
b)
Om die nodige maatreëls te tref vir die veiligheid van stappers en
bergklimmers
en om soek- en reddingsdienste te lewer.
c) Om
behulpsaam te wees met die beskrywing van geologiese, mineralogiese, plant- en
dierkundige materiaal asook topografiese en klimatologiese opnames en kartering
van gebiede.
d) Om
toegangsregte tot berg- en natuurgebiede te verkry, uit te brei en te bewaar.
e) Om
behulpsaam te wees met die daarstelling en handhawing van wette gemik op
natuurbewaring.
f)
Om geskiedkundige gedenkwaardighede op te spoor en te help bewaar.
g) Om die
land se natuurskoon en watervoorrade te bewaar en te beveilig, brande te bestry
en vandalisme te bekamp.
h)
Om bergklimmers- en stappersaktiwiteite in Suid-Afrika en elders te
bevorder.
3.
BEVOEGDHEDE:
Ten
einde die doelstellings van die Afdeling te bevorder, het die Afdeling die
volgende bevoegdhede:
a)
Die Afdeling het regspersoonlikheid.
b) Om
roerende en onroerende eiendom te verkry, aan te koop, te verkoop, te huur of
andersins daarmee te handel.
c)
Om serwitute en regte ten aansien van grond te verkry en oor te dra.
d) Om
lenings aan te gaan met of sonder sekuriteit en om die Afdeling se eiendom by
wyse van verband of andersins ter versekering van sodanige lenings te verbind.
e)
Om berghutte en ander verbeteringe op onroerende eiendom op te rig.
f) Om 'n
lopende of spaarrekening te bedryf en om geld te ontvang, te belê en aan te
wend.
g)
Om donasies te maak en te ontvang.
h)
Om met ander organisasies, Afdelings of liggame saam te werk.
Alle
onroerende eiendom van die Afdeling sal geregistreer word in die naam van twee
Trustees wat deur die Bestuur van die Afdeling aangewys sal word, welke Trustees
die eiendome namens en ten behoewe van die Afdeling sal hou.
5. LIDMAATSKAP:
Die lede van die Afdeling sal wees:
a) Gewone lede.
b)
Junior lede.
c)
Erelede.
d)
Lewenslange lede.
e)
Plattelandse lede.
6. VERKIESING
VAN GEWONE & PLATTELANDSE LEDE:
a) Gewone
& plattelandse lede word na aansoek om lidmaatskap deur die Bestuur verkies.
Plattelandse lede synde gewone lede wat verder as 150km vanaf Bellville woon.
b)
'n Aansoek om lidmaatskap moet 'n opgawe van die applikant se stap- en
bergklimervaring
bevat.
c) 'n
Aansoek om lidmaatskap moet deur 'n voorsteller en 'n sekondant plus nog een
ander lid onderteken word. Genoemde
persone moet minstens een jaar lid van die Afdeling wees.
d)
'n Aansoek om lidmaatskap sal slegs oorweeg word indien die applikant:
i)
Volgens die oordeel van die bestuur 'n aktiewe belangstelling
in
stap en bergklim sowel as in die aktiwiteite van die Afdeling toon, bereid sal
wees om die gees van die Afdeling te handhaaf en die goeie naam van die Afdeling
te bevorder.
ii)
Minstens een amptelike naweek- en drie amptelike dagtogte van
die Afdeling meegemaak het met dien verstande dat die Bestuur in
verdienstelike gevalle 'n uitsondering hieromtrent mag maak.
e)
'n Applikant vir Gewone Lidmaatskap moet ten minste 18 jaar oud wees.
f) Indien
twee of meer Lede van die Bestuur teen 'n applikant se aansoek om lidmaatskap
stem, word so 'n applikant se aansoek nie aanvaar nie.
g) Die
Sekretaris stel 'n applikant so spoedig moontlik na sy verkiesing of afwysing
skriftelik daarvan in kennis.
h)
'n Aansoek om lidmaatskap kan afgewys word sonder opgaaf van redes.
7.
VERKIESING
VAN JUNIOR LEDE:
Aansoek
om Junior lidmaatskap sal slegs oorweeg word, mits die skriftelike toestemming
van die ouer of voog verkry is en sodanige ouer of voog 'n vrywaring geteken het
wat die Afdeling en sy lede vrywaar van enige verlies of skade wat mag
voortspruit uit enige aktiwiteite van die Afdeling.
Kinders
onder 16 kan egter Junior lidmaatskap verkry indien ten minste een van sy ouers
lid van die Afdeling is, met dien verstande dat so 'n Junior Lid slegs onder
toesig van die betrokke ouer/s aan die Klub
se aktiwiteite mag deelneem.
Erelede vir Lewenslank word op aanbeveling van die Bestuur deur die Lede
van die Afdeling op 'n Ledevergadering gekies.
Erelede word vrygestel van betaling van ledegelde.
'n Erelid het dieselfde voorregte as 'n gewone lid en alle bepalings van
die Konstitusie wat betrekking het op gewone lede is ook toepaslik op Erelede,
behalwe indien uitdruklik anders in hierdie Konstitusie uiteengesit.
9.
VERKIESING VAN LEWENSLANGE LEDE:
a)
Lewenslange lede word na skriftelike aansoek om lewenslange lidmaatskap
deur die Bestuur verkies.
b) Slegs
persone wat minstens vyf jaar lid van hierdie Afdeling was en wat die ouderdom
van sestig jaar bereik het, of persone wat minstens twintig jaar lid van hierdie
Afdeling was, kom in aanmerking vir Lewenslange Lidmaatskap.
c)
Indien Lewenslange Lidmaatskap toegestaan word, is 'n eenmalige fooi
betaalbaar,
soos bepaal deur die Bestuur. Vir lede jonger as 60 jaar moet die fooi egter
minstens vyftien maal die geldende ledegeld vir gewone lede bedra.
10. LEDEGELD:
a)
Ledegeld en toetreegeld word van tyd tot tyd deur die bestuur bepaal.
b)
'n Nuwe lid moet die toetreefooi en voorgeskrewe ledegeld gelyktydig met
sy aansoek om lidmaatskap betaal. Hierdie geld sal terugbetaal word indien hy
nie tot lid verkies word nie.
11. BEëINDIGING VAN
LIDMAATSKAP
'n Persoon se lidmaatskap van die Afdeling kom tot 'n einde indien:
a) Hy skriftelik as lid bedank.
b)
Sy lidmaatskap deur die bestuur beëindig word.
c)
Erelidmaatskap kan slegs deur 'n gewone meerderheidsbesluit op 'n Algemene
Ledevergadering beëindig word. Die
voorneme om 'n Erelidmaatskap te beëindig moet deur die Sekretaris in die
kennisgewing vir die Ledevergadering gemeld word.
d)
Indien die Bestuur 'n persoon se lidmaatskap beëindig, moet die persoon
skriftelik
in kennis gestel word.
12. BEëINDIGING
VAN LIDMAATSKAP DEUR DIE BESTUUR:
Die bestuur mag 'n lid se lidmaatskap beëindig
indien:
a) Hy na
die oordeel van die Bestuur hom skuldig
gemaak het aan
wangedrag.
b)
Indien sy ledegeld nege maande agterstallig is.
13. LEDEVERGADERINGS:
a) Die
Bestuur moet elke jaar 'n Ledevergadering belê, indien moontlik voor die einde
van Maart. Dié
Ledevergadering sal bekend staan as die Algemene Jaarvergadering.
b) Die
Bestuur mag 'n Spesiale Ledevergadering belê indien hy dit gerade ag. Die
Bestuur moet 'n Spesiale Ledevergadering belê indien minstens ses Lede dit
skriftelik versoek.
c)
Skriftelike kennisgewing van 'n Ledevergadering moet minstens twee weke voor die
vergadering aan die jongsbekende adresse van al die Lede gestuur word.
d)
Alle Lede van die Afdeling, behalwe Junior Lede, het stemreg op
Ledevergaderings.
e)
Lede mag persoonlik of deur 'n skriftelik
benoemde gevolmagtigde stem.
f)
Tien lede of 'n kwart van alle lede (welke ookal die minste is) vorm 'n
kworum op 'n
Ledevergadering.
g) 'n
Ledevergadering is bevoeg om te besluit oor enige saak wat te doen het met die
beleid en bedrywighede van die Afdeling en die Bestuur is gebonde aan besluite
van 'n Ledevergadering.
h)
Die Voorsitter van die Bestuur tree op as Voorsitter van Ledevergaderings.
i)
'n Sakelys moet die kennisgewing van 'n Ledevergadering vergesel.
a) Die Bestuur bepaal self watter
portefeuljes noodsaaklik is en hoe
verpligtinge
verdeel word, met dien verstande dat al die doelstellinge van die Klub
bevorder word, goeie administrasie en finansiële bestuur geskied en
skakeling met die res van die Bergklub van Suid-Afrika bevorder word. Die nuwe
Bestuur neem die portefeulje indeling van sy voorganger as vertrekpunt en
riglyn.
b)
'n Voorsitter en sewe Lede van die Bestuur word deur die Ledevergadering
aangewys. Die Bestuur konstitueer
verder self.
c) In
uitsondelike omstandighede mag die Bestuur ‘n addisionel bestuurspos skep en
‘n kundige lid van die Afdeling koöpteer om dit te vul. Die termyn van
sodanige bestuurslid duur soos die van die ander Bestuurslede net tot met die
volgende Algemene
Jaarvergadering of
Spesiale Ledevergadering.
15. VERKIESING VAN DIE
BESTUUR:
a) Die
Bestuur word op die Algemene Jaarvergadering van die Afdeling deur die lede
verkies.
b)
Die Bestuur word vir een jaar verkies.
c) Enige
vakature wat gedurende 'n ampsjaar in die bestuur mag ontstaan, word deur die
bestuur self aangevul.
d) Geen
Bestuurslid mag vir meer as vier agtereenvolgende volle ampsjare op die Bestuur
dien nie, tensy anders besluit deur 'n Ledevergadering.
e) Geen
persoon mag langer as twee agtereenvolgende volle ampsjare as Voorsitter dien tensy
anders besluit deur 'n Ledevergadering.
f)
Indien 'n Bestuurslid sonder goedkeuring van die Bestuur, vir drie
agtereenvolgende
Bestuursvergaderings afwesig is, verloor hy lidmaatskap van die Bestuur.
16. BEVOEGDHEDE VAN
DIE BESTUUR:
a) Die Bestuur tree in alle sake namens die
Afdeling op onderhewig aan die
bepalings
van hierdie Konstitusie en onderhewig aan die besluite van die Ledevergaderings.
b)
Die Bestuur moet duidelike taakomskrywings van die onderskeie
Bestuursampte opstel en op datum hou.
17. VERGADERINGS VAN
DIE BESTUUR:
a) Bestuursvergaderings word na goeddenke
deur die Voorsitter belê.
b)
Indien drie Bestuurslede dit versoek, moet die Voorsitter 'n
Bestuursvergadering
belê.
c) Op alle
vergaderings, van die Bestuur, en van die Lede van die Afdeling het die
Voorsitter 'n gewone en 'n beslissende stem.
d)
Indien die Voorsitter afwesig is, tree die Ondervoorsitter as Voorsitter
op. Indien die Ondervoorsitter ook afwesig is, kies die vergadering 'n
Voorsitter.
18. SUBKOMITEES:
Die Bestuur is geregtig om subkomitees aan te stel ten einde spesifieke
opdragte uit te voer en sodanige subkomitees is geregtig om namens die Afdeling
ten aansien van alle sake wat binne hul opdrag val op te tree.
Die lede van subkomitees hoef nie noodwendig Bestuurslede van die
Afdeling te wees nie. Die subkomitees is onderhewig aan die bepalings van
hierdie Konstitusie, voorskrifte van die Bestuur en besluite van die
Ledevergadering.
19. BOEKJAAR:
Die
Boekjaar van die Afdeling strek van 1
Januarie tot 31 Desember.
20. HANTERING VAN GELDE:
Alle gelde van die Afdeling sal (tensy die Bestuur anders
besluit) in 'n bankrekening wat spesiaal vir die doel geopen word en alleen vir
die doel gebruik mag word, gedeponeer word.
Onttrekkings van gelde uit sodanige bankrekening mag gedoen word onder
die handtekeninge van twee uit drie Bestuurslede soos deur die Bestuur
genomineer.
a) Die
Bestuur moet vir elke amptelike stap- of klimtog van die Afdeling 'n leier
aanwys (wat nie noodwendig 'n lid van die Bestuur hoef te wees nie).
b) Die
aangewese leier sien om na die veiligheid en gedrag van alle lede en gaste op
sodanige stap- of klimtog en alle lede en gaste is verplig om hom gehoorsaam te
wees.
c) Die
aangewese leier sal die stap- of klimtog so reël dat die goeie naam en gees van
die Afdeling gehandhaaf word.
d) Na elke
stap- of klimtog moet die aangewese leier 'n kort skriftelike verslag by die
Bestuur indien, welke verslag die name van lede en gaste wat die tog meegemaak
het, moet bevat.
e) Nie lede
onder agtien jaar en Junior lede onder sestien jaar, moet vergesel word deur 'n
volwasse persoon wat volle verantwoordelikheid vir hulle aanvaar.
Hierdie
Konstitusie kan gewysig word deur 'n besluit van twee-derdes van die
teenwoordige lede geneem op 'n Ledevergadering mits die voorsteller en sekondant
van sodanige voorstel tot wysiging minstens drie weke voor die betrokke
Ledevergadering aan die Sekretaris skriftelik kennis gegee het van hul voorstel,
welke voorstel die Sekretaris minstens twee weke voor die betrokke
Ledevergadering aan die Lede moet pos.
23. ONTBINDING:
a) Die Afdeling ontbind deur 'n besluit, van
twee-derdes van die
teenwoordige
Lede, geneem op 'n Ledevergadering mits die voorsteller en sekondant van
sodanige voorstel tot ontbinding die Sekretaris drie weke voor die betrokke
Ledevergadering skriftelik van hul voorstel in kennis gestel het en mits die
Sekretaris minstens twee weke voor die betrokke Ledevergadering kennis van
sodanige voorstel aan die Lede gepos het.
b) Wanneer
daar tot ontbinding oorgegaan word, sal die Ledevergadering twee persone verkies
wat sal optree as likwidateurs van die bates en laste van die Afdeling.
Die likwidateurs se magte en vergoeding sal op sodanige Ledevergadering
bepaal word.
c) Die
likwidateurs sal alle bates wat nie benodig word vir betaling van skulde, of vir
hul vergoeding nie, oordra aan die Sentrale Komitee van die Bergklub van
Suid-Afrika.
24. FINANSIES:
Die
Afdeling sal nie enige van sy inkomste of fondse aan enige persoon laat toeval
nie. Alle fondse sal slegs aangewend word vir die doel waarvoor dit ingesamel
is, naamlik om te voorsien in die ontspannings en sosiale behoeftes en
aktiwiteite van die Lede van die Afdeling.
-------oo0000oo--------
Gewysig
soos goedgekeur op Algemene Jaarvergadering 22 Februarie 2003.